Afrikaans - Eksamen Voorbereiding
Afdeling A: Leesbegrip
Afdeling B: Visuele Geletterhied
Afdeling C: Opsomming
Afdeling D: Taal
➢ Verlede Tyd
Annexure A
➢ Samestellings; Afleidings; Samestellende Afleidings
➢ Ontkennende vorm
• Wat is Ontkenning?
• In Afrikaans gebruik ons die dubbel NIE in langer sinne en slegs een NIE in korter sinne, om
ontkenning aan te dui. Die tweede NIE kom gewoonlik aan die einde van ‘n sin.
• Voorbeeld:
• Die duif sit nie op haar nes nie.
• Die duif sit nie.
, ➢ Tipes Selfstandige naamwoorde: Soortname; Eiename; Abstrakte
Selfstandige naamwoorde, Massaname; Maatname
• Eiename
Eiename is die spesiale name waarmee mense en dinge uniek geïdentifiseer word. Dit is die
name van mense, plekke, ens.,en word altyd met ’n hoofletter geskryf, bv. Kobus, Kaapstad.
• Soortname
Dit is die name van alledaagse dinge en het meervoudsvorme en verkleiningsvorme, bv.:
trein, akkedis, leeu, man, broek.
Jy kan dit sien, daaraan vat of dit hoor.
• Massname / Stofname
Dui sake aan wat as ‘n ondeelbare massa gesien word en nie los , telbare eenhede nie, bv
vaste stowwe en vloeistowwe- die stof waaruit iets bestaan.Dit dui op ’n spesifieke stof:
yster, staal, goud, koper, silwer, hout, sand, klip, ens.
Dit word altyd in die enkelvoud gebruik.
• Versamelname
Dit dui ’n groep van dieselfde soort aan, bv.
o swerm bye
o vloot skepe
o konstellasie sterre
o nes slange
o werpsel hondjies
o baksel brood
• Abstrakte selfstandige naamwoord
Is die name van dinge wat ‘n mens kan ervaar of waarvan jy bewus kan wees , maar wat nie
in die fisiese werklikheid bestaan nie soos idees , gevoelens of begrippe. Dit het dikwels
met gevoel te doen en kan nie met die sintuie waargeneem word nie. Eindig dikwels met –
heid , - ing , isme en –skap.
bv.: liefde, haat, deernis, simpatie, blydskap, beroemdheid.
• Maatname.
Dit dui ‘n hoeveelheid aan:
o ’n bord kos
o ’n vrag sand
o ’n sak meel
o ’n glas water
o ’n koppie suiker