100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Graad 12 Landboubestuurspraktyke Rekord&Finaal 2024 R130,00   Add to cart

Summary

Summary Graad 12 Landboubestuurspraktyke Rekord&Finaal 2024

 30 views  2 purchases

Graad 12 Landboubestuurspraktyke Rekord&Finaal 2024 INHOUD Multi – keuse vrae Bl. 2 Fisiese plaasbeplanning Grondeienskappe, grondbesoedeling, gronderosie Bl. 7 Veldagteruitgang/ weiding Bl. 11 Boerderystelsels Bl. 14 Kapitaal Bl. 16 Agritoerisme Bl. 18 Entrepreneurskap Bl. 19 Landbou...

[Show more]

Preview 4 out of 50  pages

  • July 4, 2024
  • 50
  • 2023/2024
  • Summary
All documents for this subject (2)
avatar-seller
ansiestudynotes
1



Graad 12
2024
LANDBOU-
BESTUURS-
PRAKTYKE 1/1
Vorige eksamenvraestelle is gebruik om hierdie notas saam te stel, SACAI Sep 2018, Sep 2019 & 2021,
DBE/November 2020, 2021 & 2022. Hierdie is net voorgestelde antwoorde uit die memorandums.
Sommige inligting word herhaal, ek wil jou die verskillende maniere wys waarop dieselfde inligting gevra
word.
Ek moedig jou aan om die berekenings-/illustrasievrae te beantwoord.

Juffrou Ansie
Sterkte.


INHOUD

Multi – keuse vrae Bl. 2
Fisiese plaasbeplanning
Grondeienskappe, grondbesoedeling, gronderosie Bl. 7
Veldagteruitgang/ weiding Bl. 11
Boerderystelsels Bl. 14
Kapitaal Bl. 16
Agritoerisme Bl. 18
Entrepreneurskap Bl. 19
Landboubemarking: prysvasstelling
Prysbepaling & markewewig Bl. 24
Bemarkingstrategieë Bl. 29
Begrotings Bl. 32
Finansiële beplanning - state
Produksiekoste Bl. 36
Balansstaat Bl. 37
Rekordhouding Bl. 38
Arbeid en Bestuur Bl. 40
Voedselwetgewing in Suid-Afrika Bl. 45
Verpakking Bl. 49




@ Juffrou_Ansie

, 2


Multi – keuse vrae

Prosessering / Verwerking Waardetoevoeging van 'n landbouproduk waardeur die produk in 'n meer
gebruikersvriendelike produk vir die verbruiker verander word
Versekering / Assuransie 'n Strategie wat deur 'n boer gebruik word om finansiële beskerming teen
gebeurlikhede soos brand, haelstorms, vloede en ander risiko's te verskaf
Kontrole Die bestuursbeginsel wat 'n boer gebruik om te verseker dat die hoeveelheid
toerusting wat uitgereik is, dieselfde is as die hoeveelheid wat aan die einde
van die week terugontvang word
Kapitaal Die produksiefaktor wat toerusting, heinings, sade, kunsmis en chemikalieë
verteenwoordig wat by die kweek van gewasse gebruik word
Plaashek Die bemarkingskanaal wat gebruik word wanneer verbruikers na 'n plaas reis
en produkte op die plaas koop
Rekords Rekords op 'n plaas is belangrik en nodig om ingeligte bestuursbesluite te
neem.
Arbeid / Werkers Arbeid / Werkers verwys na die fisiese en menslike pogings wat met die
verwagting van vergoeding uitgevoer word
Planters Planters word gebruik om sade op groot skaal volgens voorafbepaalde
afstande in die grond te plaas.
Finansiële rekords Finansiële rekords word uit alle transaksies binne die boerderyonderneming
opgestel.
Teikenmark Teikenmark is die deel van die bemarkingsplan wat die soort klante wat 'n
mens wil trek, beskryf.
Diversifikasie Uitbreiding van die aantal aktiwiteite of vertakkings wat deur die boer
bestuur word om die risiko in die boerderyonderneming te verminder
Netto kontantvloei Dit is die verskil tussen ontvangste en betalings in ’n bepaalde tydperk.
Grondbewaring Voorkoming van gronddegradasie, grondbesoedeling, gronderosie en verlies
aan grondvoedingstowwe
Kommunikasie Die bestuursaspek waar 'n plaasbestuurder instruksies aan die arbeiders gee
en luister na werksverwante probleme van die arbeiders
Besluitneming ’n Intellektuele taak wat ’n entrepreneur uitvoer om ’n resultaat te verkry en
om die aksie moontlik te maak, met die doel om die eintlike probleem en
oplossing daarvan te identifiseer.
Inkomstestaat Die voorkeurdokument wat gebruik word om die winsgewendheid van ʼn
onderneming aan te dui
Gelykbreekpunt Die hoeveelheid wat ʼn boer moet produseer om al die insetkostes te dek.
Laste Uitstaande skuld, lenings en rekeninge vervat in die Balansstaat
Verlies Word verkry nadat alle uitgawes betaal is en daar minder geld in die
besigheid is as wat aanvanklik mee begin is.
Wins/surplus voorraad Word bereik in enige onderneming wanneer die boer ʼn surplus kapitaal het
nadat al sy/haar uitgawes betaal is.
Kwitansie Die brondokument wat benodig word vir inskrywings in die Kontantvloeistaat
wat die geld ontvang, aandui
Kontantstrokie Die belangrike brondokument wat as bewys dien vir aankope.
Kontantvloeistaat Indien ’n boerdery wins maak, kan daar in die beplanning gaan kyk word hoe
daar nóg meer doeltreffend geboer kan word om meer wins met die
volgende finansiële jaar se afsluiting te toon.

@ Juffrou_Ansie

, 3


Deposito Deposito word by 'n finansiële instansie voltooi as 'n persoon kontant in die
plaas se besigheidsrekening inbetaal.
Ontwerp Ontwerp vereistes van verpakkingsmateriaal moet, onder meer, die produk
beskerm, maklik wees om op te druk en vir die spesifieke produk geskik
wees.
Korrektiewe Die tipe aksie wat geneem word nadat jy vasgestel het wat die probleme en
aksies/Dissiplinêre die redes vir die probleme is.
optrede
Wins/surplus voorraad Word bereik in enige onderneming wanneer die boer ʼn surplus kapitaal het
nadat al sy/haar uitgawes betaal is.
Aanbod Die hoeveelheid van ’n produk wat op ’n sekere tydstip teen ’n sekere prys
aan verbruikers aangebied word
Besigheidsbeskrywing Dit sluit die visie- en missiestelling in, sowel as die aard van die besigheid.
Kredietverkoopsfaktuur Die oorspronklike dokument word aan die kliënt gegee vir toekomstige
verwysing of as waarborg.
Bemarkingsfunksie Bemarkingsfunksie behels ál die aktiwiteite wat bydra om die produk aan die
verbruiker bekend te stel en vas te stel wat die verbruikers se behoeftes is,
en dit dan te bevredig.

• Vervoer • Storing • Verpakking • Preservering en voedselveiligheid •
Bemarkingsinformasie • Prosessering • Finansiering en neem van risiko's •
Verkope • Standardisasie en gradering.
DBE/November 2022


Bemarking Die proses van menslike behoeftebevrediging op die regte tydstip
Die bemarkingsketting Die proses wat die boer volg om die produk van die plaas tot by die
verbruiker te kry.
Nismark-bemarking Die aanslag om die betrokke produk aan ’n kleiner segment van die mark te
verkoop.
Finansiële plan Toon die besigheid wins en indien nie, hoe kan die onderneming verander
word om die winsgrens op te stoot?
Kleinkas Kontant wat gebruik word vir posgeld, die herstel van ʼn pap wiel en ander
klein betalings.
Besigheidsplanne Dit help om te onderskei tussen ’n middelmatige besigheid en ’n goeie
besigheid.
Inventaris ’n Lys van hulpbronne, die aanwending en kostes verbonde daaraan is nodig.
Dubbelry-eg Wanneer baie organiese materiaal op die grondoppervlak voorkom, is
hierdie implement ideaal om materiaal mooi fyn te sny en in die boonste
grondlaag te plaas.
Kennis en vaardighede Entrepreneurs moet deeglik bewus wees van hul eie beperkings en gebruik
kundiges om hulle van raad en hulp te voorsien en verbeter só hul prestasie.
Entrepreneur ʼn Persoon wat die geleentheid in die mark kan identifiseer en ʼn produk
produseer.
Motivering en leierskap Motivering het te doen met die oorreding van werknemers om hul take uit te
voer en aktief deel te neem aan die bereiking van die
ondernemingsdoelwitte. Dit behels dus die aspek van menseverhoudings,
asook die take verbonde aan personeelbestuur.

@ Juffrou_Ansie

, 4


Geografiese Inligtingstelsel Om in kaartvorm ruimtelike verwysde geografiese inligting te vertoon.
Markaandeel Die persentasie van ’n besigheid se verkope in verhouding tot die totale
verkope van die betrokke produk of diens wat deur al die besighede in ’n
spesifieke area verkoop word
Kontantvloeistaat Indien ’n boerdery wins maak, kan daar in die beplanning gaan kyk word hoe
daar nóg meer doeltreffend geboer kan word om meer wins met die
volgende finansiële jaar se afsluiting te toon.
Diversifisering Die uitbreiding van die aantal aktiwiteite of ondernemings wat deur ’n
besigheid bestuur word.
Spesialisasie Besluit en fokus op ’n spesifieke produk.
Produkorganisasies Die skakeling tussen die verskillende rolspelers binne elke bedryf.
Normale produksiejare ’n Boerdery het ’n perk waarbinne dit winsgewend kan produseer en omdat
omstandighede vir elke boerdery uniek is, verskil hierdie grense.
Koöperasies tree as Koöperasies berg produkte (in die geval van opbergbare produkte), verkoop
agente op dit weer en voer dit selfs uit.
Soetveld ’n Kenmerkende eienskap van soetveld is dat die velde die voedingswaarde
op alle groeistadiums behou en die veld ’n bleekwit kleur in die winter
vertoon.
Suurveld Die tipe weiding wat ʼn hoë voedingswaarde gedurende die somermaande en
ʼn baie lae voedingswaarde gedurende die winter het.
Lugdrukplanter Die binnekant van die meetwiel het dubbele skotteltipes wat ’n voortjie trek
waarin saad geplaas word. Hierdie skotteltjies staan ook as “kouters” bekend.
MIV/vigs Dit het ’n reusagtige uitwerking op die landbousektor. Op groter skaal word
die produktiwiteit van die arbeidsmag beïnvloed. Dit lei tot hoë
produksiekoste en laer uitsette.
Optimum temperatuur Die beste temperatuur vir plantegroei.
Burostelsel Dataverwerking vir ’n aantal kliënte geskied sentraal, weg van die plase.
Steriliteit Geen lewende organisme is in die produk teenwoordig nie.
Wet op die Identifikasie Die wet wat vereis dat alle diere in jou besit met ’n spesifieke
van Diere identifikasiemerk gemerk word.
Voedselwetgewing Om te verseker dat produkte wat die publiek bereik, veilig en van hoë
gehalte is.
Omgewings benadering Die verbeterde skatting van stikstof: behoeftes en verminderde waterafloop
en die vermindering van die uitwerking van landbou op die omgewing.
Beroking Beroking is 'n preserveermetode wat in 'n roker gebruik word en die smaak
van die produk verander.
Geprosesseerde voedsel Hierdie produkte het ’n kenmerkende opbergingsleeftyd.
Plant-stikstofstres Word in die veld opgespoor deur hoëresolusie-kleur-infrarooi- lugfoto’s.
Pasteurisasie ’n Beperkte hittebehandeling word toegedien, wat die patogene
mikroörganismes uitskakel sonder om die kleur of smaak van die produk
ernstig te benadeel.
Hulpbronarm-boere Boere wat nie toegang het tot kapitaal, opleiding en ander steunstelsels nie.
Drakrag Die belangrikste maatstaf wat gebruik word om oorbeweiding te voorkom
Grondkaart Die instrument wat die gevolg is van ʼn bodemopname en wat in die
herbeplanning van ʼn plaas gebruik word.
Kalibrering Meting, berekening en stel van implemente wat gebruik word om stowwe in
die produksieproses toe te dien.

@ Juffrou_Ansie

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller ansiestudynotes. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R130,00. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

73243 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 14 years now

Start selling
R130,00  2x  sold
  • (0)
  Buy now