100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Geskiedenis Graad 12 Opstelvrae Vir Vraestel 1 R120,00
Add to cart

Summary

Summary Geskiedenis Graad 12 Opstelvrae Vir Vraestel 1

 0 purchase

Opstel vrae vir vraestel 1 Graad 12 Geskiedenis

Preview 3 out of 24  pages

  • September 4, 2024
  • 24
  • 2023/2024
  • Summary
All documents for this subject (343)
avatar-seller
monyalehanie
Monya Le Hanie

,VRAESTEL 1:

AFDELING B: OPSTELVRAE

1. DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG
Vraagfokus: Die tydperke in die oorlog
1.1. 1957 – 1965: Stryd in Viëtnam tussen die Suid-Viëtnamese weermag en die kommunisties-
opgeleide rebelle (ook bekend as Viëtkong)




 Inleiding
- Diem se regering in Suid-Viëtnam was spoedig ongewild en bekend vir onderdrukking.
- Hulle het geen noemenswaardige hervormings tot stand gebring ten gunste van die mense
nie, byvoorbeeld die herverdeling van grond.
- Teenstand teen die regering van die Suide het al hoe sterker geword.
- In 1960 is die Nasionale Bevrydingsfront, wat bestaan het uit baie anti-regerings-
organisasies, in die Suide gestig.
- Dit het spoedig ’n Trojaanse perd geword en ’n guerrilla-weermag gevorm, wat later die
“Viëtkong” (Viëtnamese Kommuniste) genoem is deur die regering van die suide.
- Die Viëtkong is in die noorde deur die Vietminh opgelei en na die suide teruggestuur om
teen die Suid-Viëtnamese weermag, en later teen die Amerikaners, te veg.
- Die Viëtkong (VK) se kenmerkende taktiek was guerrilla-oorlogvoering.
- Hierdie taktiek het gewerk vir die Chinese in hul burgeroorlog en die Viëtkong het dit
aangeneem.
- Die enigste manier waarop die VK suksesvol kon funksioneer was met die ondersteuning van
die plaaslike kleinboere.
- Hulle het dus probeer om hierdie mense goed te behandel en beloof om hulle grond te gee
sodra die vyand verslaan is.
- Op hulle beurt het die kleinboere vir die guerrillas kos, skuiling en wegkruipplek gegee.
- Terwyl hulle die kleinboerdorpies gebruik het as hul basis, het die guerrillas uitbeweeg en
eenhede van die Suid-Viëtnamese Weermag en Amerikaanse patrollies aangeval.

, - Hulle het dan in die oerwoud verdwyn, waar hulle by kleinboere geskuil het of in
ondergrondse tonnels wat spesiaal vir hulle gebou is.
- Wanneer die Amerikaners hulle aanvallers na ’n sekere plek agtervolg het, het hulle dikwels
gevind dat daar net geen teken van hulle was nie.
- Hierdie VK-oorlogstegniek was vir die Amerikaners baie frustrerend: selfs wanneer hulle die
tonnels gevind het waarin die guerrillas geskuil het, was hulle te groot om in die tonnels te
pas om hul vyande te agtervolg.
- Die Viëtkong het manskappe, wapens en toerusting ontvang, hoofsaaklik via die Ho Chi
Minh-roete, ’n voorraadroete uit die noorde tot aan die buitewyke van Laos en later
Kambodja.
- Dit was ’n komplekse netwerk van roetes eerder as ’n enkele roete.
- Teen die einde van 1964 was die Viëtkong ongeveer 300 000 manskappe sterk.
- Aanvanklik was hulle baie swak bewapen, maar hulle het later Sowjet-wapens, Russiese
aanvalsgewere en ander wapens gekry.
- Die Ho Chi Minh-roete is opgegradeer om baie nuttige dinge in te sluit: paaie en brûe, ’n
stelsel van teen-vliegtuig wapens, barakke (waar die soldate gewoon het), werkswinkels,
hospitale, pakstore en brandstof-depots, baie daarvan ondergronds.
- Dit het beteken dat teen die tyd dat die VSA besluit het om grondtroepe in Maart 1965 na
die oorlog te stuur, die kommunistiese meer as gereed was vir hulle.
- Die Ho Chi Minh-roete was van kritieke belang vir die voortbestaan van die VK se
oorlogspoging.
- Die Amerikaners het die roete probeer bombardeer, maar hulle kon dit nie goed sien vanuit
vliegtuie nie.
- Hulle het ook probeer om myne te stel en het doringdraad gespan oor die roete, maar dit
het hulle sigbaar gemaak vir aanvalle deur die VK-soldate.
- In 1962 het die Suid-Viëtnamese regering, met die ondersteuning van die Amerikaners, ’n
“strategiese dorpe- program” ingestel.
- Die idee was om plattelandse kleinboere in spesiale beskermde dorpies te plaas waar hulle
beskerm sou wees teen die Viëtkong- troepe en hul invloed.
- Die kleinboere sou ook wapens ontvang en opgelei word hoe om hulle te gebruik.
- Die strategiese dorpe moes ook ekonomies, polities, sosiaal en kultureel ontwikkel word.
- Ten spyte van baie Amerikaanse finansiële ondersteuning, is die program so vinnig ingestel
dat die dorpies dikwels nie behoorlik beskerm is nie.
- Die beleid was ook baie ongewild onder die kleinboere omdat dit dikwels behels het dat
mense met geweld van hul eie dorpies verwyder is om elders geplaas te word.
- Om hulle grond so agter te laat was vir die meeste Viëtnamese ’n ernstige probleem omdat
hulle voorvaderaanbidders was en hulle het diep ongelukkig gevoel om hulle voorvaders se
oorskot so agter te laat.
- Die Viëtkong het baie van die strategiese dorpe beset en beslag gelê op die kleinboere se
wapens.
- Teen die einde van 1963 was dit duidelik dat die beleid ’n totale mislukking was.

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller monyalehanie. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R120,00. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

68175 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 15 years now

Start selling
R120,00
  • (0)
Add to cart
Added