100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Graad 12 Geskiedenis Vraestel 2 Brongebaseerde vrae R120,00   Add to cart

Summary

Summary Graad 12 Geskiedenis Vraestel 2 Brongebaseerde vrae

 6 views  0 purchase

Graad 12 Geskiedenis Vraestel 2 brongebaseerde vrae

Preview 3 out of 26  pages

  • September 4, 2024
  • 26
  • 2023/2024
  • Summary
All documents for this subject (317)
avatar-seller
monyalehanie
Monya Le Hanie

,VRAESTEL 2:

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

1. BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA
Vraagfokus: Die krisis van apartheid in die 1980’s: regeringspogings op apartheid te hervorm
1.1. Die Wet op Swart Plaaslike Owerhede van 1982 – poging om meer mag aan plaaslike
raadslede in die swart woongebiede te gee; driekamerregeringstelsel
 Die Wet op Swart Plaaslike Owerhede van 1982
- Die Wet op Swart Plaaslike Owerhede van 1982 was ’n poging om meer mag aan plaaslike
raadslede in die townships te gee.
- P.W. Botha het ’n reeds bestaande wet oor die regulering van swart mense in stede gewysig.
- Dit was die Wet op Stedelike Bantoerade van 1961.
- Die nuwe wet het plaaslike regeringstrukture (of owerhede) geskep wat verkies sou word deur
die inwoners van swart townships, in ’n stelsel soortgelyk aan die een in “wit” gebiede.
- Hierdie wysiging was ’n verbetering van die vorige stelsel van gemeenskapsrade wat in
werklikheid baie min mag gehad het.
- Dit het aan inwoners ’n beperkte vorm van plaaslike outonomie gegee omdat die raadslede
verantwoordelik was vir die administrasie van die township.
- Die inwoners sou moes bydra tot die begroting vir die gebied wat deur plaaslike verhurings en
heffings ingevorder sou word.
- Die swart inwoners van die township was egter nog ver daarvan om dieselfde mag as hul wit
eweknieë te hê.
- Hulle het onder beheer van die betrokke minister in die slegs-blankes-regering gebly en het nie
toegang tot die Parlement gehad nie.
- Die wet het in Augustus 1983 van krag geword en is onmiddellik teengestaan omdat dit nie
politieke regte vir swart mense bevorder het nie.
- Stakings, boikotte en algemene weerstand het voorgekom.
- Dit het dikwels geëindig in gewelddadige botsings tussen mense wat die wet ondersteun het en
as raadslede gestaan het, en mense wat teen die wet gekant was.
- Daar was ook gewelddadige botsings tussen die veiligheidsmagte en betogers.
- Mense het in die geweldpleging gesterf en dit was moeilik om wet en orde te handhaaf.
- Die Wet op Swart Plaaslike Owerhede was tiperend van baie van die wetgewing wat deur die
regering van P.W. Botha deurgevoer is.
- Dit was meer inklusief as die vorige apartheidswetgewing, maar het nie naastenby daarin
geslaag om die aspirasies van swart mense te bevredig nie.
- Dit is ook gekritiseer deur die wit regse vleuel, onder leiding van Andries Treurnicht van die
Konserwatiewe Party (KP), wat gereken het dat die regering te veel mag aan swart mense gegee
het.

,  Die driekamerregeringstelsel
- “Driekamer” beteken “om drie kamers te hê”.
- Hierdie beplande herstrukturering van die parlementêre stelsel was die Botha-regering se mees
uitgebreide poging om die apartheidstelsel te hervorm.
- Die planne vir die nuwe stelsel is georganiseer deur een van P.W. Botha se naaste kollegas,
naamlik Chris Heunis, die leier van die Nasionale Party in die Kaap.
- Daar is in November 1983 in ’n referendum oor hierdie voorstelle gestem.
- Die hervormings het meer mag aan Kleurling- en Indiërkiesers gebied deur aan hulle hul eie
kamer te gee in ’n uitgebreide parlement met drie kamers in plaas van een.
- Die Senaat is afgeskaf en vervang met ’n veelrassige Staatspresidentsraad.
- Die voorstelle het ook aan die amp van die staatspresident groter mag verleen.
- Die president het nou ’n uitvoerende staatspresident (soos die president van die VSA) geword,
en het die gekombineerde magte van die vorige staatspresident en die eerste minister verkry.
- Hy sou vir ’n tydperk van sewe jaar verkies word deur ’n kieskollege bestaande uit 50 blanke
lede, 25 Kleurlinglede en 13 Indiërlede.
- Hierdie nuwe stelsel sou heel moontlik die staatspresident vir baie jare aan bewind hou.
- Hierdie nuwe stelsel het die parlement drieledig verdeel:
o daar was ’n wit Volksraad, bestaande uit 178 lede,
o ’n Kleurling Huis van Verteenwoordigers, bestaande uit 85 lede,
o en ’n Indiër Huis van Afgevaardigdes, bestaande uit 45 lede.
- Hierdie verhoudings is geregverdig deur die benaderde bevolkingsverhouding van blankes tot
Kleurlinge tot Indiërs, 4:2:1.
- Die drie huise het apart vergader om “eie sake” te bespreek, maar as een groep om “algemene
sake” te bespreek.
- Blankes het ’n ingeboude meerderheid in die gesamentlike sittings van die drie huise gehad.
- Hierdie ingeboude meerderheid is ook beskerm in die hoërhuis, die Presidentsraad, waar die
drie rasgroepe in dieselfde verhouding as in die laerhuis verteenwoordig is, naamlik 4:2:1.
- Verder het die regerende party in die blanke huis, die Nasionale Party, die reg gehad om die
meeste van die blanke lede van die Presidentsraad te nomineer.
- Op hierdie manier het die regering verseker dat geen “groepvorming” van wit liberale,
Kleurlinge en Indiërs die NP in die Presidentsraad kon verslaan nie.
- Geen voorsiening is gemaak vir verteenwoordiging deur swart mense nie – daar is voortgegaan
om hul sake deur middel van die tuislandstelsel te hanteer.
- Dit was die vernaamste kritiek wat teen die driekamerparlement ingebring is, asook die feit dat
dit ooglopend op apartheid se rasseklassifikasiestelsel gegrond was.
- In die referendum slegs vir blankes in November 1983, is kiesers gevra om te stem of hulle die
driekamerstelsel ondersteun of nie.
- Diegene wat tevrede was met die voorgestelde hervormings – naamlik ten gunste van ’n mate
van magsuitbreiding – het ten gunste daarvan gestem.
- Die konserwatiewe en reaksionêre mense in die land wat nie enige verandering wou hê nie, het
daarteen gestem.

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller monyalehanie. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R120,00. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

73918 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 14 years now

Start selling
R120,00
  • (0)
  Buy now