TEGNOLOGIE
OPSOMMINGS
GRAAD 9
Hierdie werk is die intelektuele eiendom van opsommings.com
Dit mag nie versprei word nie.
KOPIEREG VOORBEHOU @2020
Opsommings.com – Kopiereg voorbehou ©2020
, Teg Opsommings
Graad 9
1. Ortografiese en Isometriese Projeksies
1.1 Meetkunde
Begrippe
Loodlyn ’n Lyn wat ’n reghoek met ’n horisontale vlak vorm
Segment Wanneer ’n gedeelte van ’n figuur weggesny word
Halveer Verdeel in halwes.
Meetkundige punt Dui selgs posisie aan en het geen afmetings.
Lynstuk Deel van reguit lyn.
Graad Eenheid om hoeke te meet
Driehoeke en sirkels
Gelyksydige Driehoek Sye en hoeke is gelyk. Elke hoek is 60.
Gelykbenige Driehoek Twee sye en twee basishoeke is gelyk.
Reghoekige Driehoek Daar is 1 reghoek (90)
Ongelyksydige Driehoek Alle sye ongelyk + grootse hoek is teenoor langste
sy
2. Tegnologie
2.1. Definisie
Die gebruik van kennis, vaardighede en bronne om in mense se begeertes en
behoeftes te voorsien en om probleme te herken en op te los deur ondersoek,
ontwerp, ontwikkeling en evaluering van produkte, prosesse en stelsels.
3. Strukture
Word gevorm wanneer materiaal op so ’n manier gerangskik word dat dit vorm
kan behou, ’n vrag kan ondersteun en vragte en kragte kan weerstaan.
Opsommings.com – Kopiereg voorbehou ©2020
,3.1. Die aard van strukture
Mensgemaakte strukture
Strukture wat deur mens vervaardig word. Kan in buitelug, fabrieke,
werkswinkels of tuis gemaak word.
Bv. huise, blikke, sakke, motors, ens.
Natuurlike strukture
Strukture wat nie deur mense gemaak word nie.
Bv. mense, diere, plante, rotsformasies, ens.
3.2. Soorte strukture
Raamstrukture
-Bestaan uit dele wat verbind word om ’n raam te vorm
-Soms is raam verberg en jy kan dit nie sien nie (skelet/dakbalke)
-Eie gewig dra, sowel as gewig van vrag
-Word van binnkant ondersteun
-Mees ekonomiese manier om ’n struktuur te vorm
-Verskillende dele van raamwerk is komponente
-Bv. hyskraan, skelet, spinnerak, fiets
Dopstrukture
-Bied beskerming van buite af en word van binnekant ondersteun
-Het nie rame nie (sterkte is die dop self)
-Bv. eierdoppe, lemoenskille, glase ens.
Opsommings.com – Kopiereg voorbehou ©2020
, Soliede strukture
-Word in plek gehou deur eie gewig.
-Dra laste en gewig
-Bv. teels, klippe, berge, betonvloere
-Soms versterk word: bv. staalstawe in beton
3.3. Funksies van strukture
Ondersteun ’n vrag.
Moet eie gewig en gewig van vrag dra.
Bv. ’n Bed moet homself regop hou en persoon ondersteun.
Oorspan n aftand
Verbind twee of meer punte met mekaar, oor n afstand.
Bv. n Leer oorspan aftand tussen grond en dak. (trappe, spinnerakke, brue)
Omvat ’n ruimte.
Kan voorwerpe of organismes omsluit of omvou, dus word inhud berskerm
of in ’n bepaalde plek gehou.
Bv. tente, bekers, tasse, skoene, eierdoppe, vel, ens.
3.4. Kragte wat op strukture inwerk
- alle strukture onderhewig aan kragte wat op hul inwerk (eie gewig, wind,
water, boeke, op ’n boekrak)
- gravitasieis die krag waardeur alle voorwerpe na aarde aangetrek word
- kragte kan voorwerpe verander, beweeg, tot stilstand bring, struktuur
vernietig of vervorm
- struktuur is suksesvol as dit al die kragte wat daarop werk, kan weerstaan.
Kan ekstern of intern wees. Kragte binne stoel hou hom regop (intern) en
wanneer jy op stoel sit oefen jy ’n eksterne krag op dit uit. As struktuur
ineenstort, praat ons van ’n faling.
- kan staties of dinamies wees
Opsommings.com – Kopiereg voorbehou ©2020