100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Draai Na My by Louis Esterhuizen R68,15
Add to cart

Summary

Summary Draai Na My by Louis Esterhuizen

 3 views  0 purchase

Kleurvolle gedig ontleding. Stylfigure, beeldspraak en gedigstruktuur notas ingesluit. Kompak en perfek vir leerders wat sukkel om konsepte te onthou. Saamgestel deur vorige toets/ eksamen vraestelle vir 2025, asook: Opstelvraag In die gedig, “Draai na my” rig Louis Esterhuizen ’n versoek...

[Show more]

Preview 2 out of 7  pages

  • November 11, 2024
  • 7
  • 2024/2025
  • Summary
All documents for this subject (70)
avatar-seller
ansiestudynotes
1



Draai na my Inleiding tot die gedig
Hierdie gedig kom uit die bundel Sloper. Die inhoud van die gedig sluit by die bundeltitel aan omdat
dit die tema van sloping aanraak. In hierdie gedig die aftakeling wat in en deur die lewe geskied en
Louis Esterhuizen diegene na aan ‘n mens raak. Die spreker troos sy geliefde: wanneer die lewe sy rug op haar draai, sy
fisiek, emosioneel en geestelik afgetakel voel, sal hy nog steeds daar wees. Sy hoef maar net na hom
te draai en te sien dat sy liefde onveranderd bly.
Opsomming




In die eerste strofe se die spreker dat daar dae sal wees wanneer die wêreld moeilik en
nie aan jou kant is nie. Dit is die dae waarop die beminde sal voel dat die hele lewe hom
teen haar verset en sy geen plek het waarheen sy kan vlug om rus te vind teen die
aanslae van die lewe nie. Dit is sulke dae waarop selfs die son verdof agter miswolke en
alle verhoudings "wanstaltig" is, met ander woorde kompleks, lelik en verkeerd




In die tweede strofe fokus die spreker op die dae waarop vriende sy beminde moontlik
sal seermaak en daar niemand is by wie sy kan skuil om veilig te voel nie. Dit is dae
waarop sy bewus sal raak van hoe oud sy geword het en hoe die sorgeloosheid van haar
jeug verdwyn het.




In die derde strofe sê die spreker aan sy beminde dat sy moet onthou om op sulke dae
na hom te kyk en te sien dat sy liefde onveranderd is.




@Juffrou_Ansie

, 2
Titel
Die titel van die gedig bevat die spreker se opdrag aan die aangesprokene, wat die leser veronderstel sy geliefde is,
aangesien hy in die slotreël suggereer dat hy steeds op dieselfde manier na haar kyk. Sy is die aangesprokene in die
gedig en sy moet na hom draai, sê hy. Die suggestie is dat daar dae sal wees waarop sy nie na hom gedraai is nie, dat
haar fokus op ander dinge sal wees. In die eerste twee strofes noem die spreker die dinge waarvandaan sy geliefde
haar moet wegdraai om na hom te kyk. Hy beskryf dit in terme van "dae waarop" sekere dinge gebeur.


Tema
Almal voel die een of ander tyd uitgeskuif, nutteloos, onsuksesvol ens. Hoe ouer ‘n mens
word, hoe groter word die moontlikheid omdat skoonheid vergaan, energie en dus ook
aktiwiteit dalk afneem ens. Nee (eie diskresie) dis almal wat dit so ervaar nie.
Die gedig is 'n roerende bevestiging van die spreker se liefde vir sy beminde. Hy herinner
haar daaraan dat sy liefde vir haar ook in moeilike rye onveranderd sal bly. Die liefde is 'n
oorheersende tema in Louis Esterhuizen se bundel, Sloper, waaruit hierdie gedig kom.


Literêre aspekte
Hierdie gedig is ‘n vrye vers en bestaan uit drie strofes. Die eerste twee strofes bestaan elk uit 9
reëls en bestaan uit een sin. Die derde strofe bestaan ook uit een sin wat oor 3 reëls strek. Daar is
progressie in die drie strofes: die eerste beskryf die algemene ervaring van slegte dae wat vir alle
mense waar kan wees: in die tweede strofe praat die digter spesifiek met die geliefde, soos blyk
uit die gebruik van die tweedepersoonvoornaamwoord ("jy" en
"jou'') en in die derde strofe fokus hy op die digter - wat hy vir die ander persoon kan doen.

Daar is ook geen vaste rymskema nie. Binding word bewerkstellig deur herhaling. Die w-klank
allitereer byvoorbeeld voortdurend: wees, wanneer, wêreld, wanstaltig, ensovoorts. Lang
assonerende klanke, veral die ee-klank, kom regdeur die gedig voor. Dit vertraag die leestempo en
skep ‘n weemoedige, dog vertroostende stemming/ atmosfeer. Dit is asof die klanke salwend
moet wees vir die gemoed van die beminde. Die stemming word verder gedra deur die volgehoue
gebruik van enjambemente.

Die gedig bevat die pragtige metafoor waar die son, agter “miswolke" vergelyk word met ‘n
goiingsak, wat iets suggereer van die troosteloosheid van die soort dae waarop die geliefde maar
bloot na die spreker kan draai om te weet dat sy nie alleen is nie.
Let op die intieme slot: " .... die manier waarop ek / steeds na jou kyk”. Dit verwys na die kyk in sy
oë - waarskynlik simpatiek, ondersteunend en liefdevol - en ook op die versekering dat hy vir haar
@Juffrou_Ansie sal sorg. Die verhouding tussen hulle skyn so sterk te wees dat die ontmoeting tussen die oë
genoeg is om intieme kontak te bewerkstellig.

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller ansiestudynotes. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R68,15. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

53340 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 14 years now

Start selling
R68,15
  • (0)
Add to cart
Added