100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Graad 12 Lewensoriëntering Opsomming R105,33
Add to cart

Summary

Summary Graad 12 Lewensoriëntering Opsomming

 1 view  0 purchase

Graad 12 Lewensoriëntering Opsomming, CAPS.

Preview 4 out of 68  pages

  • December 2, 2024
  • 68
  • 2019/2020
  • Summary
All documents for this subject (6)
avatar-seller
taylordevilliers
Kwartaal 1
GRAAD 12
WEEK 1-5




Hoofstuk 1:Ontwikkeling van die self in die samelewing

1. Lewensvaardigheid wat nodig is om aan te pas by verandering as deel van ‘n
gesonde
leefstyl keuse: Identifiseer, assesseer en bestuur van stres.

 Wat is stres?
Stres is wat ons ervaar in situasies wat as moeilik, uitdagend en soms vreesaanjaend
ervaar word. Dit is wanneer ons voel ons kan nie ‘n situasie hanteer nie. Stres is die
gevoel van oorweldiging en om onder druk te wees.
 Wat is ‘n stressor?
Iets wat stress of druk veroorsaak is ‘n stressor. Is enige iets, ‘n gebeurtenis of ‘n
persoon wat stres veroorsaak. Die stressore het `n uitwerking op jou lewensgehalte –
hoe goed jy leef/ jou vlak van persoonlike gesondheid en tevredenheid met jou
lewe/ toestand van jou lewe.
 Tipe stressors:
o Fisies(liggamlike):
 Stres wat jou fisiese pyn veroorsaak.
 Voorbeelde:
 Gebrek aan oefening
 Seksule mishandeling en geweld
 Siektes –tuberkulose(TB), MIV en VIGS
 Beserings / ongelukke
 Honger
 Oormoegheid
 Liggaamlike gestremdheid
 Ongesonde leefstylkeuses


2 Graad 12 R Myburgh

, o Emosioneel (Sielkundige):
 Veroorsaak deur jou emosionele spanning.
 Sluit jou gevoelens, gedagtes, reaksies op lewenskrisisse en veradering,
jou persoonlikheid en selfbeeld in.
o Sosiaal:
 Veroorsaak deur mense rondom jou,
 Groepsdruk, afknouery, diskriminasie
 Verwys na aspekte van jou verhoudings met ander, jou familie en
vriende tot die gemeenskap oor die algemeen.
o Omgewing:
 Veroorsaak deur die omgewing en alles rondom jou.
 Byvoorbeeld: Besoedeling, Natuurlike rampe, Gevaarlike omgewings,
gebrek aan basiese geriewe en private ruimte.
 Werksomstandigehede




Wat is belangrik om stres te hanteer/bestuur?
Jou liggaam produseer kortisol en adrenalien. Dit is 2 streshormone. Kortisol is die
hormoon wat geproduseer word tydens vrees en manifisteer in angstigheid.
Adrenalien is die hormoon wat die liggaam voorberei om te fisies te reageer op
gevaar/bedreiging.
Indien jy nie daarin slaag om stres te hanteer nie kan jou liggaam te veel van
hierdie hormone produseer . Die stres beskadig dan jou liggaam en verander in
chroniese siektes soos hoë bloeddruk.

Assesseer jou stresvlakke

Positiewe en negatiewe stres
Stres is `n normale deel van die lewe as jy dit kan hanteer en bestuur.
Stres kan jou motiveer en jou gereed maak vir aksie omdat dit adrenalien in die
bloedstroom vrygestel om die energie te gee om tot aksie oor te gaan.




3 Graad 12 R Myburgh

, o Positiewe stres: (goeie, eustres)
 Dit is stres wat goed is vir jou omdat dit jou kan motiveer, aanmoedig
en druk op jouself kan laat toepas. Bv. Toespraak lewer voor die klas,
eksamen skryf, om na `n onderhoud te gaan kan die beste in jou na
vore bring. Dit is vir ‘n kort tydjie en jy kan dalk swetende hande ervaar
en droë mond of skoenlappers op jou maag.
o Negatiewe stres: (slegte/skadelike)
 As stres te veel vir jou word om te hanteer, word dit ongesond,
onplesierig en kan dit gevaarlik wees. Adrenalien wat skadelik kan
wees word dan vrygestel. Dit verlaag jou prestasievlak en beïnvloed
jou lewensgehalte. Kan jou siek, teneergedruk en onproduktief maak.

Die tekens en simptome van stres
Korttermyn gevolge:Vinnige asemhaling, vinnige hartklop/droë mond, sweterig
hande/nek spanning/skoenlappers op jou maag
Langtermyn gevolge: Hoë bloedddruk, hoofpyne, maagsere, allergieë,ens.

Positiewe stres kan tekens soos ʼn effense verandering in eetlus- en slaapgewoontes,
ʼn effense gevoel van angstigheid, vinniger hartklop en meer waaksaamheid en
energie insluit.
Wanneer stres negatief word, kan die volgende simptome verskyn:

Sielkundige simptome
● Geheueprobleme ● Onvermoë om te konsentreer
● Swak oordeel ● Sien slegs die negatiewe dinge raak
● Angstige of vlietende gedagtes ● Konstante bekommernisse
● Buierigheid ● Geïrriteerdheid of kort humeur
● Aggitasie, onvermoë om te ontspan ● Voel oorweldig
● Voel eensaam en afgesonder ● Depressie of algemene
ongelukkigheid

Fisiese simptome Gedragsimptome
●Hoofpyne ● Slaap te veel of te min
● Stywe spiere, veral rondom die nek en ● Senuagtige gewoontes (bv. naels
skouers byt, rondtrippel)
● Naarheid, duiseligheid ● Lae produktiwiteit/afskeep van
verantwoordelikhede
● Kry gereeld verkoue ● Eet meer of minder
● Seer rug ● Afgesonder van ander
● Bors pyn, hartkloppings ● Die gebruik van alkohol, sigarette of
dwelms om te ontspan
● Diarree of hardlywigheid

Stresvlakke:
Lae stresvlak - jy is in staat om die stres in jou lewe te hanteer.
Gemiddele stresvlak –Jy kan nog jou stres hanteer maar dat dit aandag moet
geniet voor dit te veel raak.
Hoë stresvlak – moet jy dringende stresbestuursmetodes toepas.




4 Graad 12 R Myburgh

, Hantering van stres
- Meditasie is een van die natuurlike maniere om stres te ontlaai. Eenvoudige
asemhalingsoefeninge kan baie daartoe bydra om stres te verlig. Meditasie
help die brein kalmeer.
- Oefening en gesonde voedsel. Eet gesonde kos en oefen ten minste 3 keer ‘n
week.
- Vermy hoë kafeïen inname wat angstigheid en geïrriteerdheid kan verhoog.
- Moenie onwettige dwelms, alkohol en tabak gebruik nie.
- Leer ontspanningsoefeninge (abdominale asemhaling en spier
ontspanningstegnieke)
- Ontwikkel beslistheidsvaardighede. Bv. Stel gevoelens op ‘n ordentlike, ferme
manier-nie aggressief of passief nie. ( Ek voel kwaad/woedend as jy op my
skree. Hou op so skree) Oefen situasies wat stres veroorsaak: neem spraakklasse,
as situasies waar jy voor in klas moet praat jou angstig maak.
- Leer praktiese en effektiewe bestuurs-/hanteringsvaardighede.
- Verminder negatiewe praatjies oor jouself. Daag negatiewe gedagtes uit met
alternatiewe positiewe of neutrale gedagtes. Byvoorbeeld: ”My lewe sal nooit
verbeter nie” na “Ek voel dalk nou hopeloos , maar my lewe sal beter word.”
- Leer om goed te voel oor ‘n goeie werk gedoen eerder as om perfeksionisme te
verwag van jouself en ander.
- Neem ‘n breek van stresvolle situasies. Aktiwiteite soos musiek , geselsies met jou
vriende, teken, skryf, tyd saam met jou troeteldier kan stres verminder
- Bou ‘n netwerk van vriende wat jou sal help om stres op ‘n positiewe manier te
hanteer.
- ‘n Stresjoernaal kan jou help om gereelde stressors in jou lewe te identifiseer en
te help om dit te hanteer.Hou elke keer as jy gestres voel ‘n joernaal. Indien jy
dit doen sal jy patrone kan raaksien en identifiseer.
- Analiseer jou stres:
Wat veroorsaak jou stres?
Hoe voel jy fisies en emosioneel?
Hoe reageer jy?
Wat het jy gedoen om jouself beter te laat voel?
- Nie alle stres kan vermy word nie en dit is nie gesond om ‘n situasie te vermy wat
aangespreek moet word nie. Jy sal verbaas wees hoeveel stressors jy kan
elimineer.
- Ken jou limiet en hou daarby. Of dit in jou persoonlike of professionele lewe is of
nie. Moenie nog verantwoordelikhede aanvaar indien jy naby die bereiking van
jou doelwitte is nie. Om meer aan te vat as dit wat jy kan hanteer sal verseker
bydra tot ‘n resep van stres en uitbranding.
- Vermy mense wat jou laat stres; verander die verhouding wat vir jou stres
veroorsaak. Vermy die persoon of spandeer minder tyd saam.
- Beplan; neem beheer van jou omgewing. Skakel die TV af as die nuus jou
gespanne maak. As verkeer jou gespanne maak, vermy dit.
- Maak ‘n doen-lysie – onderskei tussen moet doen en kan doen.


5 Graad 12 R Myburgh

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller taylordevilliers. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R105,33. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

56326 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 14 years now

Start selling
R105,33
  • (0)
Add to cart
Added