2025
MIS
Hulpbronne:
Reza de Wet
X-Kit Presteer Studiegids Om die aarde aangehaal en ander gedigte
Impaq Gr. 12 Letterkunde Handleiding Impaq aanlyn klasse vir Gr.
12_ “MIS” 2014-2023 ONDERWYSDEPARTEMENT 1259358481251454. EC/
(SEPTEMBER 2014)
DBE/November 2013, 2016 & 2017. DBE/November 2018, DBE_Okt 2020, JUN 2022 & 2023.
DBE_NOV 2023
INHOUD
RUIMTE 1
TYD 2-3
SPANNING 3–7
BOTSING 7
- Innerlike Botsing
- Uiterlike Botsing
STRYDENDE MAGTE 8
KARAKTERS 9 - 18
- Miem
- Gertie
- Meisie
- Die Konstabel
SIMBOLE EN METAFORE 19 – 23
OPSTELVRAE: 24 - 64
Die rol van Konstabel in die verhaal 24 Tydsaanduidings 37
Die titel “MIS” 26 Ruimte 39
Herhalende elemente en natuurbeelde 27 Meisie ervaar konflik in die drama 40
Gabriël & Konstabel 29 Die leefwyse van sukkelaars en hulle 43
hunkering na ’n beter bestaan
Meisie en Gertie 30 Die tema, BLINDHEID 46
Meisie se omstandighede het 'n 31 Die handeling van Miem, Meisie en 48
bepalende invloed op haar vryheid. Gertie dui daarop dat hulle, onder
andere met die hulp van Konstabel uit
hul omstandighede wil ontsnap.
Hooftema van MIS 34 In die drama toon Konstabel se woorde 51
en handelinge dat hy die grense tussen
reg en verkeerd oorsteek om die
vrouens te mislei
Die onderskeie ruimtes 35 Bespreek die positiewe en die 55
negatiewe invloed wat Meisie se ouers
op haar lewe het.
@Juffrou_Ansie
, 1
Slotte en grendels 58
RUIMTE
Visuele binneruimte: Die ruimte soos ons dit op die verhoog sien, stel die kombuis
van ‘n uiters armoedige huisie voor. Dit is duidelik dat dit in die
vroeër jare afspeel: kleredrag, meubels, koolstoof, ens. dui
daarop. Die huisie is van sink gebou. Daar is deure wat na
ander dele lei, bv. die gangdeur wat na die res van die huis lei
soos die slaapkamers wat dikwels ter sprake kom. Dan is daar
die agterdeur wat na buite lei
(vryheid) en die valdeur in die plafon
waar die Pa al jare lank woon
(gevangeskap).
Gesuggereerde Dit is die res van die huis wat deur die binnedeur gesuggereer
binneruimte: word. Ons sien dit nie, maar ons is bewus daarvan, want die
karakters beweeg van tyd tot tyd daarheen. Al wat van die
solder sigbaar is, is net die valdeur. Dit is egter ‘n belangrike
ruimte, want Pa woon al sewe jaar lank daar.
Gesuggereerde Die vrolike, misterieuse sirkusruimte met sy liggies staan direk in
buiteruimtes kontras met die benouende, dof verligte binneruimte.
Hierdeur word die ruimtes vir ons van kardinale belang in die
drama, want die twee ruimtes (binne - inperking/buite -
vryheid) word die heeltyd teen mekaar afgespeel. Dit word
twee botsende magte wat die spanning in die drama
verhoog en vir innerlike konflik sorg, want dit is die ruimte
waarna Meisie smag en waarteen haar ma so gekant is. Ons
kan nie die ruimte sien nie, maar deur die gesprekke en die
musiek wat telkens hoorbaar is, is ons bewus van die ruimte.
Dit word dus gesuggereer dat daar so ‘n ruimte is.
‘n Ander gesuggereerde ruimte is die benouende werf om die
huisie. Dit is omhein en die hekkie is Meisie se verdere
bevryding nadat sy by die kombuisdeur uit is. Waar die
sirkusruimte ‘n kontras vorm met die binneruimte, sluit die
werfruimte weer by die benouende binneruimte aan.
@Juffrou_Ansie
, 2
Daar is die kleinhuisie (weer eens ‘n verwysing na mis) en die
hope mis lê daar. Tog begin Meisie se bevryding juis in hierdie
ruimte wanneer sy en Konstabel uitgaan om die slopemmer te
gaan leegmaak. Dit is hier waar hy met haar reël om haar wit
voorstelrok aan te trek. As sy by hierdie hekkie uit is, is sy vry.
Die buiteruimte word deurentyd gesuggereer deur byklanke,
bv. die hond buite die agterdeur en die dialoog t.o.v. die
werf.
Daar is ook die res van die dorp en die rivier. Ons hoor dit uit
die gesprekke oor die polisie wat die wêreld om die rivier
bewaak, ons hoor die honde blaf en ons hoor Gertie se
motordeur toeslaan. Die venster bied vir Meisie ‘n uitsig op die
lewe daar buite. Sy word deur haar ma gekondisioneer om te
glo dat alles buite die huis boos is.
TYD
Dit is die agtergrond van die Depressie dat ons na Mis kyk. Tyd speel ‘n uiters belangrike
rol in die drama. Ons sien aan die kleredrag, meubels en koolstoof dat dit in die
Depressiejare afspeel toe die Afrikaner groot armoede beleef het.
In Mis hoor ons dat Miem vertel hoe hulle hul plaas verloor het en nou ‘n sukkelbestaan
op die kleinhoewe moet voer. Sy en Meisie werk goiingsakke aanmekaar wat hulle vol
mis maak en dan aan die boere verkoop. Ons kry hierdie inligting vanuit Miem se
vertelling aan Konstabel. Dit is as gevolg van die armoede van die Depressie dat
Gabriël hom in die solder onttrek het. Dis sy manier van bevyding/ontvlugting. Ons kan
aan Miem en Meisie se vertelling aflei dat hulle beter tye geken het, want Meisie mis die
nuwe rokke wat sy darem af en toe gekry het.
‘n Ander belangrike aspek van tyd is die presiese datum wat gegee word, naamlik 31
Augustus. Dit is die vooraand van 1 September – lentedag. Lente impliseer nuwe
lewe/begin/groei. Albei vorige geheimsinnige verdwynings het op dieselfde datum
plaasgevind. Dit gee die boodskap deur dat hierdie meisies bevry word van hul
knellende bestaan en ‘n nuwe lewe tegemoetgaan. Meisie dans bv. met haar wit
voorstelrok by die deur uit, d.w.s. sy begin ‘n nuwe lewe. Die wit rok dui op onskuld,
reinheid, terwyl dit ook op ‘n trourok kan dui – wat op sigself ook nuwe lewe impliseer.
LET OP: die verwysings na blomme, groei. Die bome bot al en die mense soek mis, want
hulle wil plant.
@Juffrou_Ansie
, 3
Nag: Dit is nogal beduidend dat die gebeure in die aand en dan later die nag 12:00
afspeel – die kwade uur van die nag. Dit is egter ook die tyd van die towerwêreld
(magiese uur). ‘n Mens sou hier kon verwys na Aspoestertjie wie se koets en perde ook
presies om 12:00 sou verander/transformeer. Dit pas dus in by die idee van ‘n
sprokiesagtigheid.
Verlede: Daar is ‘n terugverwysing na hul verlede toe dit goed met hulle gegaan het.
Hierdie verwysing is belangrik, gesien binne die geheel van die drama, want dit is tye
waarna verlang/gesmag word, toe Pa nog met hulle was, toe hulle nog ryk was, toe
Meisie nog nuwe rokke kon kry, toe sy nog nie in die misreuk en klein, benouende huisie
vasgekeer was nie.
_______________________________________________
SPANNING
Ons sien reeds vroeg in die eksposisietoneel dat daar spanning is. Dit duur ‘n hele rukkie
voor ons agterkom wat die oorsaak van die spanning is. Aanvanklik is die inligting baie
vaag – net genoeg om te weet die vrouens is baie bang. Spanning word opgebou
deur middel van uitsteltegniek.
Onheil Miem praat van die “onheil” (WATTER ONHEIL?). As die nag (tyd
wanneer die bose toeslaan) maar net wil verbygaan. Al die
verstandiges het voorsorg getref. (WAARVOOR?) Dit laat ‘n
mens dink aan die gelykenis van die 10 meisies met die lampe.
Alles is agter slot en grendel en die luike is toe. Ons weet dus iets
gaan gebeur, maar ons weet nie wat nie. Dit prikkel onmiddellik
die nuuskierigheid. Bladsy 19.
Miem dink sy hoor Miem dink sy hoor iets: “Wat is dit?” Sy het gedink sy hoor iets.
iets Bang mense dink altyd hulle hoor iets, maar sê nou dis waar?
(WAT vrees hulle?) Bladsy 20
Die moontlikheid Daar is weer eens ‘n verwysing
van ‘n bo- na die feit dat hulle hul oë en
natuurlike element ore daardie nag sal moet
word genoem. oophou. Die moontlikheid van
‘n bo-natuurlike element word
genoem. Woorde soos “onheilig,
ronddwaal, onaardse drang”
beklemtoon die dreigende
gevaar. Miem troos haar
daaraan dat die dominee en
ouderlinge die heelnag bid. Let op hierdie Calvinistiese, naïewe
geloof, wat op sigself nie verkeerd is nie, maar die vrees is
@Juffrou_Ansie