Vraag - Lina Spies
Tuesday, 03 November 2020 08:52
1. Verliefdheid - so is proefondervindelik vasgestel -
Die aandagstrepe beklemtoon dat die spreker die inligting dat verliefdheid net 1 jaar of 18 maande
duur, nie opmaak nie, want dit is deur waarneming of eksperimentering vasgestel.
2. duur 'n jaar, hoogtens agtien maande;
3. langer is die hartkloppings, die kortasemheid
4. nie uit hou nie. Verliefdheid is 'n siektestoestand.
Hartkloppings: versnelde en versterkte klop van die hart
Metafoor
Verliefdheid word gekenmerk deur hartkloppings en kortasemheid.
5. Maar wat van wat daarop volg
6. as dit nie afgestorwenheid is nie maar liefde?
7. Is dit draagliker omdat dit minder rerig is
Draaglik: Kan verduur word
Die vrae in die gedig word nie beantwoord nie en die leser moet saam met die spreker daaroor besin.
8. op die drif gehuisves in die lendene
9. en meer op wat skuil in die buitekring van die sintuie,
Drif: heftige begeerte, drang, hartstog
Personifikasie
10. in die glim van 'n lag en die opslag van 'n oog,
11. op dít wat jou aan die geliefde bind
12. met 'n kragdraad so dun
13. en so onbreekbaar soos 'n haar?
Glim: kortstondige glans
Oplsag: om iets op te slaan, bv. Om op te kyk
Kragdraad: draad waardeur 'n elektriese stroom vloei
Onbreekbaar: iets wat nie gebreek kan word nie.
In die slotreëls word liefde se broosheid beklemtoon: Die liefde tussen 2 mense word aan 'n kragdraad
gelykgestel. Daarna word die kragdraad met iets onbreekbaars soos 'n draad vergelyk. Hierdie beeld is
ironies, want ons weet 'n haar is nie onbreekbaar nie. Tog beskik 'n haar ook die vermoë om terug te
groei. Indien iets die binding tussen 2 geliefdes breek en dit is nie liefde en nie verliefdheid nie, is daar
hoop vir versoening.
Verliefdheid verskil van liefde:
- Verliefdheid het met ledene, die lyflike drif en passie te doen
- Liefde is meer subtiel en waargeneem in die "glim van 'n lag en die oplsag van 'n oog…"
Gedigte Page 1
,Vervolg
Tuesday, 03 November 2020 09:21
Gedig bou
Die gedig is vrye vers: geen vaste rymskema of metrum nie
Dit is 'n informele praatgedig
Die praatmetrum word deur enjambemente versterk
Ander bindingsmidelle is die alliterasie
Assonansie help dat die praatmetrum geskep word.
Gedigte Page 2
,Vroegherfs - Np van Wyk Louw
Tuesday, 03 November 2020 09:38
1 Die jaar word ryp in goue akkerblare,
Metafoor: seisoene verander = natuurdinge word ryp
Die seisoene kom tot volheid, word ryp in die herfs wanneer die akkerblare goudbruin word en afval. (Die winter
is die rusperiode voor die nuwe lewe in die lente begin)
"goue akkerblare" agv kleur, rykheid, rypheid, assosiasie met "pronk en sierraad"
2 in wingerd wat verbuin, en witter lug
"Witter lug" minder blou in die herfs as in die somer, meer vogtigheid/ wolke in die lug. Minder blou, suiwering.
Word al bruiner
Word al bruiner
3 wat daglank van die nuwe wind en klare
Anders as die somerwind, vernuwing.
Metafoor: herfswind en son spoel lug skoon
Nuwe wind: anders as in die ander seisoene
Die blare, wingerd en lug dui op 'n wordingsproses
4 son deurspoel word; elke blom word vrug,
Rypwordings- en stropingsproses in die natuur
Die proses van verandering gaan onkeerbaar voort, selfs die wat die langste vat
5 tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
Die proses is nie kanselleerbaar nie
6 so stilweg in die rookvaal bos en laan,
Enjambement: visualiseer blare wat val
Vroegoggend hang soos 'n mistigheid tussen die bome wat soos rook lyk
7 dat die takke van die lang populiere al
8 teen elke ligte môre witter staan.
Konnotasie: helder (nie donker en swaar nie, vroegoggend)
Skakel met "witter lug"
Letterlik - Blare val en son op kaal stamme skyn = lyk wit
Figuurlik - simbolies van suiwer en rein
Witter staan: populiere lyk witter - het minder blare - sien wit stam en takke al duideliker
9 O Heer, laat hierdie dae heilig word:
Wending: uitroep bekemtoon dringendheid
Figuurlik: herfstyd - moeilike tyd (word gestroop van dinge waarop hy voorheen trots was)
Mens maak sy eerste intrede in die gedig - begin van sestet - "O Heer"
Gedigte Page 3
, Vervolg
Tuesday, 03 November 2020 11:20
10 Laat alles val wat pronk en sierraad was
Verfraaing (skakel met blom r9)
11 of enkel jeug, en ver was van die pyn;
Assosiasie: voortvarend, gebrek aan rypheid
"pyn": sterk suiwerende mag by die mens
12 laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
Herhaling beklemtoon dringendheid
Sluit aan by "val" r5&10 maar meer intens
Die wind se funksie: help met stropingsproses. U = God is die krag wat ons stroop van alles
13 my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
Valse indruk van jouself
Teenoorgestelde van hoogmoedigheid, Skakel met "vrug" r4
Waarom "stort" en nie "val" nie? "stort" het sterker gevoelenswaarde as "val", ook figuurlik gebruik.
14 en nakend uit my teerder jeug verksyn
Skoon, suiwer Skakel met "witter" r2&8
"teerder jeug" ontvanklink en sensitief - ook voordat pyn ervaar is
r9-14
Stropingsproses voorgesit sodat alles te slotte "witter" en naak daarstaan. Spreker bid dat allle sierrade,
oorbodighede, oppervlakkighede soos die blare van die bome van ons afgestroop moet word, sodat net dit
wat gelouter is; net die wesenlike oorbly. Waarneming van die digter sterk visueel/ sintuiglik: sien dit in
woorde soos goue, verbruin, witter, rook-vaal. Het dus te doen met 'n kleur revolusie van donker na helder.
"witter lug" impliseer dat alles helderder word, ook "klare son".
Gedigte Page 4