100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Geografie opsommings Kwartaal 3 Gr. 9 CAPS R153,00   Add to cart

Summary

Summary Geografie opsommings Kwartaal 3 Gr. 9 CAPS

 317 views  5 purchases
  • Institution
  • 9

Die volgende opsommings sluit in: Verwering: - Die konsep van verwering - Fisiese verwering - Chemiese verwering - Biologiese verwering - Die impak van menselike akiwiteite op verwering Erosie en affsetting: - Die verskile tussen verwering, ersosie en afsetting - Riviere - kenmerke van e...

[Show more]

Preview 2 out of 11  pages

  • No
  • Onderwerp 3
  • September 21, 2021
  • 11
  • 2022/2023
  • Summary
book image

Book Title:

Author(s):

  • Edition:
  • ISBN:
  • Edition:
All documents for this subject (2)
avatar-seller
LeerNou
Oppervlakkragte wat die aarde vorm
Verwering
Die konsep van verwering

Verwering is die proses waardeur rotse en minerale aan of naby die oppervlak van die aarde in al hoe
kleiner stukkies afgebreek word.

Grond word deur hierdie proses gevorm.

Water, plantegroei, diere en veranderings in ddie atmosfeer veroorsaak verwering.

Verwering breek die minerale aan die oppervlak van rots af en maak dit los sodat water, wind of ys dit
kan wegvoer.

Daar is drie soorte verwering:

• Fisies
• Chemies
• Biologies



Fisiese verwering

Fisiese verwering laat rotse verkrummel sonder enige chemiese veranderings.

Die rots word in al hoe kleiner deeltjies opgebreek.

Daar is twee hoofsoorte fisiese verrwering:

• Ontvriesing: wanneer dit reen, loop water in die krake en gate in rotse. As die temperatuur tot
onder vriespunt daal, vries die water. Wanneer water vries, sit dit uit en laat die krake in die rots
wyer word. Dit kan uiteindelik die rots uitmekaar breek. Dit gebeur in koue streke waar die
temperatuur dikwels tot onder vriespunt daal.
• Uitsetting en inkrimping: rotse sit uit wanneer hulle warm word en krimp in wanneer hulle
afkoel. Die deeltjies waaruit rots bestaan, sit uit en krimp in teen verskillende tempo’s. Dit kan
baie klein barsies binne die rots laat ontstaan en klein korreltjies rots laat afbreek. Ddit word
granulere disintegrasie genoem. Die son verhit die buitenste rotslae gedurende die dag. In die
nag, wanneer die koud worrd, krimp hierdie buitenste lae in. Dit veroorsaak dat die dun
buitenste rotslaag bars en afskilfer. Die afskilfering van dun lae word eksfoliasie genoem.
Eksfoliasie kom veral in warm, droe klimate voor. Die buitenste lae van ‘n rots skilfer in vlokkies
en doppe af.

As die verhitting en afkoeling baie vinnig gebeur, vind hierdie prosesse vinniger plaas.

Fisiese verwering vind veral plaas in plekke waar daar min grond en min plante groei is.

, Chemiese verwering

Dit gebeur wanneer rotse verweer as gevolg van die effek van chemiese stowwe.

Reenwater is effens suur omdat koolstofdioksied uit die lug daarin oplos.

Wanneer die reenwater deur die rots loop, kan minerale in die rots daarmee reageer.

Dit kan die binding tussen die rotsdeeltjies verswak en verwering veroorsaak.

Sommige soorte rots word maklik deur chemiese stowwe verweer, byvoorbeeld kalksteen en kryt wat
bestaan uit ‘n mineraal genoem kalsiumkarbonaat.

Wanneer suur reenwater op kalkklip of kryt val, los dit die rots op.

Dit word karbonering genoem.

Van die suurreen sypel in die grond in en word grondwater.

Kalksteengrotte vorm wanneer suur grondwater deur kalksteenrotse syfer en gate groter en vorm
grotte.

Die grondwater voer die opgeloste stowwe weg.

Oksidasie is ‘n ander soort chemiese verwering wat plaasvind wanneer stowwe met die minerale in ‘n
rots meng om oksiede te vorm.

Roes is ‘n voorbeeld van ysteroksied.

Wanneer rotse wat yster bevat aan lug blootgestel word, oksideer die yster.

Dit kan die rotse verswak en hulle laat verkrummel.

As die rots yster bevat, kry dit ‘n rooierige kleur.

Hoe temperature en vog in die lug kan chemiese verwering vinniger laat plaasvind.



Biologiese verwering

Diere en plante kan rotse laat verweer.

Dit word biologiese verwering genoem.

Graafdiere soos hase, molle en meerkatte breek grond en rotse op en stel dit aan die atmosfeer bloot.

Erdwurms en miere dra ook by tot verwering.

Onkruid groei deur krake in sypaadjies en in die natuur kan bosse en bome uit krake kan groei.

Die rede hiervoor is dat wortels in krake kan groei.

Soos hulle groei, druk die wortels die krake oop en maak dit wyer en dieper.

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller LeerNou. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R153,00. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

77333 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 14 years now

Start selling
R153,00  5x  sold
  • (0)
  Buy now