Hulpbronne en volhoubaarheid
Gebruik van hulpbronne
Gebruikte van natuurlike hulpbronne – hernubare en nie-hernubare
Hernubare hulpbronne soos sonlig, water lug, wind en sonkrag kan nie opgebruik word nie, omdat hulle
voortdurend deur natuurlik siklusse vervang word.
Besoedeling kan egter hul gehalte beinvloed.
Plante en diere is ook hernubare hulpbronne.
Lewende dinge vervang hulself, maar menslike aktiwiteite soos jag, visvang, ontbossing, bouery en
besoedeling kan veroorsaak dat hierdie hulpbronne vir altyd verdwyn.
Nie-hernubare hulpbronne soos fossielbrandstowwe word daagliks gebruik om elektrisiteit op te wek en
met motors te ry.
Hulle is nie-hernubaar omdat mense dit vinniger gebruik as wat dit gevorm kan word, en dit kan nie
vervang word nadat dit gebruik is nie.
Dit is omdat dit of baie lank neem om te vorm, of die toestande wat vir die vorming daarvan nodig is, nie
bestaan nie.
Nie-hernubare hulpbronne sluit goud, yster, fossielbrandstowwe soos steenkool, olie en natuurlike gas
in.
Water en lug is vir ‘n baie lang tyd as hernubare hulpbronne geklassifiseer.
Water word voortdurend deur fabrieksuitvloeisel en onverwerkte riool besoedel, en ons sal binnekort
geen skoon water op die planeet beskikbaar he sonder om dit te hersirkuleer nie.
Effekte van ‘n onverstandige gebruik van hulpbronne
Oorbevissing van die oseane
Die oseane voorsien mense van ekonomiese, sosiale en kulturele voordele.
Dit verskaf wereldwyd voedsel of inkomste aan mense.
Die oseane word ook vir vervoer en ontspanningsaktiwiteite gebruik.
Die oseaan is altyd as ‘n bodemlose, vrye hulpbron beskou, maar voorrade uit die see is in werklikheid
beperk.
Die antieke tradisie van visvang het ‘n gevaarlik uitgeputte visvoorraad en ‘n ekostelsel nagelaat
waarvan die voortbestaan in die weegskaal is.
Kommersiele visserye beleef reeds ‘n krisis omdat die visvoorraad tot die maksimum benut is.
, Oorsake van oorbevissing
Kommersiele vissersbedrywe gebruik verskillende tegnieke om hul vangste te vermeerder en hul winste
te vergroot.
Een van hierdie metodes is die gebruik van groot vissersbote bekend as treilers, met bitengewoon groot
visnette wat tot op die seebodem strek.
Die nette word treilernette genoem.
Globale visvangste het met 13% gedaal as gevolg van die gebruik van treilers, sonkrag-radartegnologie
wat vis opspoor, dieper visvangs, en die steeds bestaande onkunde dat daar steeds baie vis in die see is.
Kommersiele visvangs heet reeds ‘n beduidenede omgewingsimpak op mariene hulpbronne gehad.
Die huidige neigings om meer vis te vang as wat deur die oseaan se hulpbronne vervang kan word, sal
teen 2048 in duie stort vanwee onvolhoubare visvangmetodes.
Ses uit die tien belangrikste visspesies in Suid-Afrika is oorbevis en 76% van die wereld se visvoorraad is
oorbenut.
Sommige visvangtegnieke hou ‘n gevaar vir natuurlike woonplekke in die see in.
Die groot treilernette skep alles uit wat voorkom en laat niks agter nie.
Hul vangste sluit in nie-geteikende vis of bedreigde spesies wat per ongeluk as newevangste in die nette
beland.
Oorbeweiding
Oorbeweiding is ‘n resultaat van swak boerdery.
Te veel beeste verwyder te veel plantegroei terywl hulle wei, wat die grond vir gronderosie vatbaar
maak.
Altesaam 96% van Suid-Afrika se oppervlak is geskik vir saaiboerdery, maar hierdie weilande is
oorbewei.
Daar is dus meer diere as waarvoor die grond voedsel kan voorsien.
Oorbeweiding veroorsaak vertrapping van die grond en stroop die grond van plantegroei.
Dit lei daartoe dat die grond minder vrugbaar raak, en gronderosie neem toe.
Die grond verloor sy vrugbaarheid en vermoe om die plantegroei in stand te hou.
Klimaatveranderinge soos droogte kan verwoestyning en ‘n verlies van landbougrond veroorsaak.
Volhoubare gebruik van hulpbronne
Konsepte van ‘n volhoubare en onvolhoubare gebruik van hulpbronne.