100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Onderwereld vrae en antwoorde R100,00
Add to cart

Summary

Summary Onderwereld vrae en antwoorde

 214 views  8 purchases

Vrae en antwoorde oor onderwereld Skuinsgedruk is antwoorde

Preview 4 out of 53  pages

  • Yes
  • June 3, 2023
  • 53
  • 2022/2023
  • Summary
book image

Book Title:

Author(s):

  • Edition:
  • ISBN:
  • Edition:
All documents for this subject (499)
avatar-seller
carmibadenhorst
2023




Onderwereld vrae en
antwoorde
CARMI BADENHORST

, 1

Tekskenmerke
1. Op die voorblad is die boektitel met ’n kleinletter gespel. Wat dink jy is die doel daarvan? Die
antwoord is oop vir die leerder se interpretasie. Moontlike antwoorde kan wees dat dit om estetiese
redes gedoen is (ter wille van die grafiese uitleg). Die klein letter “o” kan ook die onderwêreld
simboliseer.
2. Hoekom dink jy is die seegroen kleur gebruik vir die titel? Die antwoord is oop vir die leerder se
interpretasie. ’n Moontlike antwoord kan wees om dit te laat inskakel by die futuristiese kleurbane
op die voorblad.
3. Is daar ’n onderskrif op die boekomslag? Nee. (Let asseblief daarop dat ’n derde druk van die boek
met ’n aanhaling van Deon Meyer op die voorblad kan verskyn.)
4. Vluglees die boek en soek na diagramme of illustrasies. Op watter bladsye kom hulle voor? Bl. 79,
101 en 155.
5. Wat dink jy is die nut van die diagramme of illustrasies? Dit help ons om die teks of gebeure beter te
verstaan. Dit brei uit op die beskrywende gedeeltes in die teks.
6. Soek voorbeelde van woorde in vetdruk in Onderwêreld. Alle hoofstukname en opskrifte in die
bylaes is in vetdruk.
7. Wat dink jy is die doel van die vetgedrukte woorde? Die antwoord is oop vir die leerder se
interpretasie. ’n Moontlike antwoord kan wees dat dit teks laat uitstaan en die verskillende
hoofstukke of dele van die boek help onderskei.
8. Soek voorbeelde van woorde in skuinsdruk in Onderwêreld. Die name van die aangehaalde persone
in die epigraaf is in skuinsdruk weergegee, asook eerste paragraaf in die proloog. Op bl. 5: “Jy moet
hom keer!” Die titel van die luitoon “Connected” op bl. 14, die Engelse aanhaling op bl. 44, en
laastens boek‐, tydskrif‐, en koerantname in die bibliografie (bl. 198 – 201).
9. Wat dink jy is die doel van die skuinsgedrukte woorde? Dit gee erkenning aan die skrywer van ’n
boek of artikel, dui op ’n binnespraak by ’n karakter, of is die korrekte formaat vir die aanduiding van
musiektitels. Dit is ook die regte formaat vir die neerpen van ’n bibliografie.
10. Is daar enigsins sprake van nommering in die roman? Ja, die hoofstukke word genommer.
11. Verduidelik kortliks wat die vreemde formaat van die hoofstukopskrifte beteken. Die vreemde
formaat is HTML‐programmeringstaal, bv. <h35>Die Regter</h35>. Die “h” in die opskrif staan vir
“heading”, en “/h” beteken dit is die einde van die “heading”.

, 2

Inhoudelike vrae en antwoorde
Proloog
Opsomming:
’n Kind (Eckardt) word in die nag wakker van ’n vreemde geluid. Hy kry sy pa in die studeerkamer met ’n
pistool in sy hand. Sy pa lyk vir die kind soos ’n monster. Sy pa sit die pistool weg en vra hy moet nie vir sy
ma vertel wat hy gesien het nie. Dit skok nogtans die
kind. Toe sy pa sy naam sê, “los die naam op”. Hy sal jare later vir homself ’n naam kies wat vertel hoe dit
voel om magteloos te wag op antwoorde en net eggo’s uit die onderwêreld te kry. Sy naam sal Ekk‐0 wees.



1. Die openingsparagraaf beskryf die gevoel van vrees met verwysing na liggaamsfunksies. Wat is die
nut van die openingsparagraaf? Dit prikkel die leser se nuuskierigheid en skep spanning.
2. Wat maak die seun wakker? ’n Onbekende geluid.
3. Hoe weet hy na watter vertrek hy moet gaan? Hy gaan na die vertrek waar die lig brand.
4. Die paragrawe na die openingsparagraaf het steeds verwysings na vlak asemhaling, hamerende
hartklop en ’n blywende vrees. Wat is die nut hiervan? Dit verhoog die spanning verder, want die
leser weet nie wat om te verwag daar waar die lig brand nie.
5. Watter sintuie span die kind in terwyl hy na die studeerkamer stap? Reuk – hy ruik die politoer van
die houtdeur; gehoor – hy hoor die krieke en die motor in die straat, die ritsel van papiere en hy hoor
skaars sy eie voeteval op die mat; sig – hy sien die lig aan die einde van die gang; tas – die koue
deurhandvatsel stuur ’n skok deur sy lyf.
6. Hy hoor ’n vreemde geluid soos die van ’n verskrikte dier. Is dit ’n dier se geluid? Nee, dit is sy pa.
7. Wat sien die seun wanneer hy die deur oopmaak? Sy pa se groot lyf sit vooroor by die lessenaar. In
sy hand is ’n 9mm‐pistool.
8. Hoe weet die seun sy pa is gespanne? Hy het ’n pistool in sy hand en sy kneukels is wit van die
spanning.
9. Hoekom laat sy pa hom dink aan ’n monster? Die een kant van sy gesig is verlig en die ander kant in
skadu.
10. Watter woord wat die seun sê kom lê soos ’n eggo tussen hulle? “Pa”.
11. Wat is die nut van die volgende twee sinne? “Hy kom stadig terug uit die donker onderwêreld.”, en
“’n Naam wat sê hoe dit voel om magteloos te wag vir antwoorde en net eggo’s uit die onderwêreld
te kry.” Hulle verwys na die titel van die roman.
Die leser kry alreeds hier ’n voorsmakie van die onderwêreld wat wag in die res van die boek.
12. Het die seun sy pa al vantevore sien huil? Nee, vanaand is die eerste keer.
13. Wat maak sy pa met die pistool? Hy vou dit toe in ’n lap en sit dit in die lessenaarlaai.
14. Watter geheim moet die seun hou? Dat hy sy pa met die pistool gesien het.
15. ’n Mens se naam kan nie in die donker “oplos” en “verdwyn” nie. Wat bedoel die skrywer eintlik
hiermee? Die kind sou later vir homself ’n ander naam kry. ’n Skuilnaam.
16. Daar is talle verwysings na eggo’s in die proloog. Soek hulle en skryf dit neer. Die woord “pa” lê soos
’n eggo tussen die pa en kind. Sy pa se stem weerklink binne hom. Hy kry nie antwoorde nie, maar
eggo’s uit die onderwêreld. En laastens is die naam wat hy vir homself kies Ekk‐0. (In Engels: echo.)

, Hoofstuk 1: Sluimerende grys selle, Polyfilla en ringtones


Opsomming:
Greg se meisie, Nicole, bel hom en vertel van haar droom. Greg kan nie vir Nicole sê hy is lief vir haar nie. Hy
vermoed sy verneuk hom met ander ouens terwyl hy by die seunskool
(Lawson Kollege) in die Drakensberg is. Greg besef hy is laat. Eckardt het hom nie wakkergemaak nie.
Wanneer hy Eckardt wil konfronteer, kry hy hom nie. Greg bel hom en Eckardt se selfoon lui in die kas.



1. Hoe verskil die vertelperspektief van die proloog en hoofstuk 1? Proloog – derdepersoonsverteller;
hoofstuk 1 (tot 35) – Eerstepersoonsverteller, of ek‐verteller.
2. Wat maak vir Greg Owen wakker? Die skril geluid van ’n selfoon.
3. In die proloog word die seun, Ekk‐0, ook wakkergemaak. Hoe verskil die twee situasies? Ekk‐0 s’n
was gevul met spanning. Greg s’n is meer lighartig. Daar is selfs ’n verwysing na sirkusmusiek.
4. Wanneer die leser verder kennis maak met die Owens se familiegeskiedenis raak ’n sin soos “En dan
sou sy dalk skuldig voel omdat sy haarself toegelaat het om te lag.” duideliker. Hoekom sou die ma
dalk skuldig voel wanneer sy lag? Haar oudste seun
het selfmoord gepleeg. Sy kan dalk dink dat dit nie reg is om ook weer gelukkig te voel nie.
5. Hoe doof Greg die geluid van die selfoon uit? Hy druk die kussing op sy kop.
6. Wie bel vir Greg? Nicole.
7. Hoe lyk Nicole? Sy het lang, blonde hare, ’n fyn neus, mooi lippe en blou oë wat mooi kan flirt en
terg.
8. Greg verspreek hom met Eckardt se naam. Wat noem hy hom? Ekk‐0.
9. Wat is die nut hiervan vir die leser? Ons kom agter dat die Greg die seun van die proloog ken. Hy het
vir homself later die naam Ekk‐0 gekies.
10. Waar dink Greg is Ekk‐0? Hy dink hy draf, soos hy elke oggend doen.
11. Hoe voel Greg daaroor dat Nicole hom uitvra oor Eckardt? Hy voel ongemaklik. Iets kriewel in sy
maag.
12. Waar speel Nicole se droom af? In die swembad tydens ’n partytjie by haar pa‐hulle se huis.
13. Waar is Nicole tydens die telefoongesprek? En Greg? Nicole is by die huis in Johannesburg en Greg
by die seunskoolkoshuis in die Drakensberg.
14. Hoe voel Greg oor sy en Nicole se verhouding? Hy vertrou nie vir Nicole nie. Hy vermoed dat sy hom
verneuk met ander ouens.
15. Sê Greg vir Nicole hy het haar ook lief? Nee, hy sê net “selfde” as sy sê sy is lief vir hom.
16. Hoekom is Greg se woorde soos Pollyfila? Dit beteken nie veel nie, maar is net iets waarmee jy stiltes
kan volmaak.
17. Hoekom beëindig Greg die oproep so skielik? Hy is laat (Dis kwart oor sewe.)
18. Hoe lyk Lawson Kollege se skoolklere? Swart broeke en baadjies. Wit hemde en geel dasse. Die
skoolwapen het ’n fakkel. Bo die fakkel is die skool se naam en onder dit is die skool se leuse: Lux
hominum vita.
19. Bly Greg en Eckardt in dieselfde koshuiskamer? Nee, hulle bly ’n entjie van mekaar af, in dieselfde
gang.
20. Eckardt is nie in sy koshuiskamer nie. Wat doen Greg om hom te kry? Hy bel hom op sy selfoon.

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller carmibadenhorst. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R100,00. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

49497 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 14 years now

Start selling
R100,00  8x  sold
  • (0)
Add to cart
Added