KORTLIKS
Die kern van die verhaal handel oor kuberkrakery.
Greg Owen is die hoofseun van die elite seunskool, Lawson Kollege. Hy raak bevriend met Eckardt
Wilken, ‘n buitestander wat nie baie vriende het nie. Eckardt leer Greg om te kraak (“hack”). Greg se
kuberkrakery laat hom in opstand kom teen gesag, soos dié van die skool, skoolhoof en sy pa.
Eckardt verdwyn op geheimsinnige wyse. Greg word dieper in die onderwêreld ingetrek, totdat hy die
korrupsie van sy pa en die skoolhoof ontrafel. Gevolglik verwaarloos hy sy skoolwerk, skeep sy
vriende af en sy leierskap word in twyfel getrek.
Aan die einde van die verhaal besef Greg dat Eckardt hom geprogrammeer het om alles te doen wat
hy wou hê. Greg bewerkstellig sy pa se ondergang en dit lei tot die inhegtenisneming van die
skoolhoof.
Die verhaal skakel nou met die tegnologie. Dit word soos ‘n rekenaarprogram geskryf: die inskakel in
die program, die hoofstukke as verskillende lêers en dan word die rekenaar afgeskakel.
Die verhaal bestaan uit afwisselende hoofstukke van die hede (waarin Eckardt verdwyn) en die
verlede ( waar Eckardt vir Greg in die wêreld van kuberkraak inlei). Aan die einde kom die eggo’s van
die verlede en hede bymekaar. Hier besef Greg die omvang van sy optrede en die gevolge daarvan:
Greg was Eckardt se grootse sosiale manipuleringsgeval.
PROLOOG
Dit is wat vrees is. ‘n Elfjarige seun word wakker as gevolg van ‘n geluid. Hy tref sy pa met ‘n pistool in
sy hand by sy lessenaar aan. Met die lig wat slegs aan die een kant van sy gesig skyn, herinner die pa
sy seun aan die monsters in sy drome. ‘n Eggo kan gehoor word wanneer hy sy pa se naam uitroep,
maar hy nie antwoord nie. Hy huil oor sy pa en voel hulpeloos. Hy vind geen oplossings vir die pyn
wat hy weens die donker onderwêreld ervaar nie. Later sou hy sy naam na Ekk-0 verander.
HOOFSTUK 1: HEDE
“SLUIMERENDE GRYS SELLE, POLYFILLA EN RINGTONES”
Greg word deur ‘n geluid wakker gemaak. Dit is ‘n ander tipe geluid as die een in die Proloog. Dit is sy
selfoon se vrolike luitoon. Sy ma lag en sê die sirkus is op pad. Sy voel dadelik skuldig omdat sy
gelukkig is. Greg vertel vir Nicole dat Eckardt verdwyn het. Hy kan nie vir haar sê dat hy haar liefhet
nie. Sy antwoorde is soos Polyfilla – slegs woorde om die leegheid te vul. TJ sê vir hom hy is laat.
Eckardt het hom nie wakker gemaak nie en Eckart se bed is nie opgemaak nie. Sy skootrekenaar en
selfoon is op sy bed. Creg bel vir Eckardt, maar sy selfoon lui in die kas. G-4ce.
“ LOG FILE: DIE DAG VOOR DIE LAASTE SKOOLJAAR BEGIN”
Greg en sy ma steek die grens oor tussen die Vrystaat en Kwazulu-Natal. Die grens simboliseer die
nuwe jaar wat vir Greg voorlê. Hy is nou in graad 12, hoofseun en in die eerste rugbyspan. Die vorige
aand het sy pa hom uitgevra oor sy planne vir die nuwe jaar. (Sy pa is ‘n besigheidsman in die
mediawêreld en besit Turret Media.) Sy ma het opgespring toe sy pa sy sin eindig met die woorde
dat Greg nie moet wees soos … nie.
Lawson is ‘n skool vir die superrykes se seuns – vir die toekomstige sakeleiers. Die skool is deur
Thomas Lawson, TJ se oupa, gestig. Geld gee die toon aan in hierdie skool. Greg se ma wil hom
graag help en hy voel jammer vir haar. Nadat sy hom hier afgelaai het, moet sy teruggaan
Johannesburg toe, waar sy weer eensaam sal voel.
Greg groet die adjunkhoof, Pete Andersen, met ‘n aangeplakte glimlag (fake smile). Sy ma se hande
bewe wanneer sy sy tas uitpak en vertel hom dat sy pa hom liefhet. Sy ma gee vir hom ekstra
sakgeld, soos altyd.
Greg hou nie van die koshuis se formele sitkamer nie; dit herinner hom te veel aan sy pa se kantoor.
Die matrieks word toegelaat om in hul kamers te studeer – hulle is tog veronderstel om ‘n groot
genoeg verantwoordelikheidsin te hê.
Greg herken die nuwe seun, Eckardt. Hy ervaar hom as parmantig en as moontlike moeilikheid.
Wanneer Greg hom vra of hy op die regte verdieping is, antwoord Eckardt dat nulle en ene al is wat jy
nodig het.
HOOFSTUK 3: HEDE
“BOEKE EN BOGGOM”
Eckardt gaan elke oggend draf. Greg kry ‘n SMS van Nicole waarin sy sê dat sy hom liefhet. Hy sien
Eckardt se boeke raak – een oor DEPRESSIE. Hy voel dadelik skuldig omdat hy die eerste paar dae
so naar teenoor Eckardt was. Toe hy hom tydens die tonnelritueel uit die mangat uit opgetrek het, het
hy sy broer, John, in Eckardt se oӫ gesien. In die Wiskundeklas merk Bill Eden op dat Eckardt nie daar
is nie. Plank bespiegel dat iemand in Eckardt se familie dalk dood is en dat sy ouers hom kom haal
het. Die adjunkhoof, Pete Andersen, neem kennis daarvan dat Eckardt nie daar is nie. Greg kan nie
verstaan waarom hy sy selfoon en skootrekenaar agtergelaat het as sy ouers hom kom haal het nie.
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying this summary from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller athattingh. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy this summary for R100,00. You're not tied to anything after your purchase.