, Inhoudsopgawe
String 1 : Lewe op molekulêre, sellulêre en weefselvlak ............................................................ 2
Onderwerp 1 : Die chemie van lewe ............................................................................................. 2
Onderwerp 2 : Selle (die basiese eenhede van lewe) ................................................................ 10
Onderwerp 3 : Seldeling (mitose) ............................................................................................... 18
Onderwerp 4 : Plant- en dierweefsel .......................................................................................... 22
Onderwerp 5 : Organe ................................................................................................................ 29
String 2 : Lewensprosesse by plante en diere ......................................................................... 32
Onderwerp 6 : Steun- en vervoerstelsels by plante .................................................................... 32
Onderwerp 7 : Steunstelsels by diere ......................................................................................... 40
Onderwerp 8 : Vervoerstelsels by soogdiere (mense) ................................................................ 46
String 3 : Omgewingstudies........................................................................................................ 53
Onderwerp 9 : Biosfeer tot ekostelsels ...................................................................................... 53
String 4 : Diversiteit, verandering en kontinuïteit ..................................................................... 64
Onderwerp 10 : Biodiversiteit en klassifikasie ............................................................................ 64
Onderwerp 11 : Geskiedenis van die lewe op Aarde ................................................................. 67
1
,String 1 : Lewe op molekulere, sellulere en weefselvlak
ONDERWERP 1 : DIE CHEMIE VAN LEWE
Woordelys
Term Definisie
Voer Dierekos.
Reste Dele wat oorbly.
Stof wat in ’n chemiese ontleding gebruik word om ’n ander stof op te spoor,
Reagens
te meet of te produseer.
Onmengbaar Meng nie met water nie.
Ligdeurlatend Laat lig deurskyn.
Bolvormig ’n Ronde vorm.
Heliks Driedimensionele spiraalvorm.
Molekules : anorganiese en organiese verbindings
• Materie bestaan uit atome van die elemente.
• Atome word deur chemiese bindings verbind om molekules te vorm.
• ’n Molekule is enige chemiese struktuur wat bestaan uit atome wat deur bindings aanmekaar
gehou word.
• ’n Verbinding is ’n chemiese stof wat bestaan uit atome van 2 of meer elemente.
Materie bestaan uit organiese en nie-organiese stowwe
• Alle lewende en nie-lewende materiaal bestaan uit organiese en anorganiese stowwe.
• Anorganiese en organiese verbindings kom voor as mineraalelemente en molekules.
Anorganiese verbindings
• Anorganiese verbindings word gevorm deur natuurlike geofisiese prosesse in die omgewing.
• Hulle vorm in lewende organismes as deel van metabolisme, in metaboliese reaksies.
• Byvoorbeeld : water, koolstofdioksied, suurstof en swaeldioksiedgas.
Gebruike van water
• Om stowwe op te los.
• Stowwe in die eksterne en interne omgewings te vervoer.
• As ’n stof vir chemiese reaksies om in plaas te vind.
• Om temperatuur te beheer.
• Vir ondersteuning en struktuur.
• In voortplanting.
2
, Mineraalelemente vir diere en mense
• Mineraalelemente is anorganies en kom natuurlik as soute in die eksterne omgewing voor.
• Makromineraalelemente : die wat in groot hoeveelhede benodig word.
• Mikromineraalelemente : die wat in klein hoeveelhede benodig word.
• Makromineraalelemente wat mense nodig het : natrium (Na), kalium (K), kalsium (Ca) en fosfor
(P).
• Mikromineraalelemente wat mense nodig het : yster (Fe) en jodium (I).
• ’n Gebrek aan makro- en mikrominerale kan siektes as gevolg van ’n tekort veroorsaak.
Mineraalelemente wat plante nodig het
Makromineraalelemente wat plante nodig het
• Stikstof (N).
• Fosfor (P).
• Kalium (K).
• Kalsium (Ca).
• Magnesium (Mg).
• Swael (S).
• Yster (Fe).
Bemestingstowwe
• Kunsmis voorsien plantvoedingstowwe of hulle korrigeer die vrugbaarheid van grond waar jare
se boerdery of oorbenutting voedingstowwe verwyder het.
• Nitrate verskaf stikstof.
• Organiese vorms : plantmateriaal, mis, riool, afvalvoedsel, of baie stikstofhoudende organiese
verbindings.
• Anorganiese vorms : nitrate of ammoniak.
• Fosfate verskaf fosfor.
• Organiese vorms : plantreste, mis, riool, voedselafval.
• Anorganiese vorms : fosfaat of superfosfaat.
Loging van landboumisstowwe in grondwater, riviere en damme
• Die beweging van water loog fosfaat uit die grond en laat dikwels te min vir die gesonde groei
van plante agter.
• Groot hoeveelhede bemesting gaan verlore deur die afloop van oppervlakwater en uitloging na
grondwater.
• ’n Oormaat kunsmis/voedingstowwe in waterliggame verwyder suurstof en diere en plante in
die water vrek.
3
The benefits of buying summaries with Stuvia:
Guaranteed quality through customer reviews
Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.
Quick and easy check-out
You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.
Focus on what matters
Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!
Frequently asked questions
What do I get when I buy this document?
You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.
Satisfaction guarantee: how does it work?
Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.
Who am I buying this summary from?
Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller skoolnotas. Stuvia facilitates payment to the seller.
Will I be stuck with a subscription?
No, you only buy this summary for R120,00. You're not tied to anything after your purchase.