Ekonomie 144 Opsomming
Hoofstuk 6: Pryse en Werkloosheid
Vyf makro-ekonomiese doelstellings
● Ekonomiese groei
● Volle indiensname (lae werkloosheidskoers)
● Prysstabiliteit (lae inflasiekoers)
● Betalings balans- en wisselkoers stabiliteit
● Regverdige verdeling van inkome (uniek aan SA)
Belangrikste veranderlikes in makro-ekonomie is die prysvlak en reële BBP.
● Prysvlak = geweegde gemiddelde van die pryse van alle goedere en dienste.
● Reële BBP = totale markwaarde van alle finale goedere en dienste wat in een jaar binne die grense van ‘n land
produseer is.
VPI: Verbruikersprysindeks
VPI: Meting van die prysvlak (mandjie goedere en dienste). Berekening:
𝐓𝐨𝐭𝐚𝐥𝐞 𝐛𝐞𝐬𝐭𝐞𝐝𝐢𝐧𝐠 𝐨𝐩 𝐦𝐚𝐧𝐝𝐣𝐢𝐞 𝐢𝐧 𝐡𝐮𝐢𝐝𝐢𝐠𝐞 𝐣𝐚𝐚𝐫 (𝐑𝐚𝐧𝐝)
𝐕𝐏𝐈 = × 𝟏𝟎𝟎
𝐓𝐨𝐭𝐚𝐥𝐞 𝐛𝐞𝐬𝐭𝐞𝐝𝐢𝐧𝐠 𝐨𝐩 𝐦𝐚𝐧𝐝𝐣𝐢𝐞 𝐢𝐧 𝐛𝐚𝐬𝐢𝐬𝐣𝐚𝐚𝐫 (𝐑𝐚𝐧𝐝)
Voorbeeld van mandjie met tipiese huishoudelike items.
Onthou, die waarde van die basisjaar se VPI is 100. Die basisjaar word soms
bereken as die gemiddelde van ‘n aantal opeenvolgende jare.
Hooflyn VPI (vir alle stedelike gebiede) is die amptelike VPI-maatstaf en die VPI inflasiekoers is die amptelike
inflasieteikenmaatstaf.
VPI = Die geweegde gemiddelde van die pryse van ‘n “verteenwoordigende” mandjie goedere en dienste wat
deur ‘n “tipiese” huishouding gekoop word.
VPIX: VPI sonder verbandlenings.
PPI: Meting van produksiekoste; koste van goedere by fabriekshek.
Inflasie: maand-tot-maand, jaar-tot-jaar
𝐕𝐏𝐈 (𝐉𝐚𝐚𝐫 𝟐) − 𝐕𝐏𝐈 (𝐉𝐚𝐚𝐫 𝟏)
𝐕𝐏𝐈 𝐢𝐧𝐟𝐥𝐚𝐬𝐢𝐞𝐤𝐨𝐞𝐫𝐬 (𝐣𝐚𝐚𝐫 𝟐) = × 𝟏𝟎𝟎
𝐕𝐏𝐈 (𝐉𝐚𝐚𝐫 𝟏)
Nominale vs Reële inkome
𝐍𝐨𝐦𝐢𝐧𝐚𝐥𝐞 𝐢𝐧𝐤𝐨𝐦𝐞
𝐑𝐞ë𝐥𝐞 𝐢𝐧𝐤𝐨𝐦𝐞 = × 𝟏𝟎𝟎
𝐕𝐏𝐈)
,Voorbeeldvraag:
In jaar 1 is die VPI 140,1 en in jaar 2 is die VPI 146,7. Vanaf jaar 1 na jaar 2 neem Martha se salaris toe van
R32 000 na R34 000 en Thabo s’n neem toe van R43 000 na R45 000. Hou Martha en Thabo se salarisse
tred met inflasie?
Antwoord:
𝟏𝟒𝟔,𝟕 − 𝟏𝟒𝟎,𝟏
Inflasie = 𝟏𝟒𝟎,𝟏
× 𝟏𝟎𝟎 = 𝟒, 𝟕𝟏%
𝟑𝟒𝟎𝟎𝟎 − 𝟑𝟐𝟎𝟎𝟎
Salarisverhoging (Martha) = × 𝟏𝟎𝟎 = 𝟔, 𝟐𝟓%
𝟑𝟐𝟎𝟎𝟎
𝟒𝟓𝟎𝟎𝟎−𝟒𝟑𝟎𝟎𝟎
Salarisverhoging (Thabo) = × 𝟏𝟎𝟎 = 𝟒, 𝟔𝟓%
𝟒𝟑𝟎𝟎𝟎
Martha se salaris hou dus tred met inflasie, maar Thabo s’n nie. ‘n Mens kan ook sê dat Martha se
reële inkomste gestyg het, terwyl Thabo s’n gedaal het.
WERKLOOSHEID
Jy is werkend as jy:
● Deel vorm van die breë arbeidsmag (m.a.w. wil en kan werk) …
● …vir ten minste 1 uur in die week voor die onderhoud (die “verwysingsweek”)…
● … enige werk (vir betaling, wins of tot voordeel van die huishouding – bv. boerdery vir eie gebruik)
gedoen het …
● … of wat afwesig was van werk vir die verwysingsweek, maar ten minste ‘n vorm van betalende werk
het om na toe terug te keer – dus net tydelik afwesig van werk.
Jy is ontmoedig as jy:
● deel van breë arbeidsmag is
, ● Was nie indiensgeneem tydens die verwysingsperiode nie.
● Was beskikbaar om te werk of om ‘n besigheid te begin, maar het nie aktief stappe geneem om werk
te kry gedurende die laaste 4 weke voor die onderhoud nie.
● Op voorwaarde dat een van die volgende redes hoofsaaklik die rede moet wees waarom die persoon
● nie aktief werk gesoek het nie:
○ Geen werk beskikbaar in area nie.
○ Kan nie werk kry wat die vaardighede vereis waaroor die persoon beskik nie.
○ Het moed verloor om enige werk te kry.
Amptelike (eng) definisie van werkloosheid:
Persone 15-64 jr wat wil en kan werk, wat:
1. nie gewerk het in die verwysingsweek nie en;
2. aktief werk gesoek het of probeer het om ‘n besigheid te begin in die 4 weke voor die onderhoud
en;
3. beskikbaar was vir werk, m.a.w. kon in die verwysingsweek begin werk of ‘n besigheid begin, of;
4. het nie aktief werk gesoek in die 4 weke voor die onderhoud nie, maar het ‘n werk of besigheid wat
op ‘n definitiewe datum in die toekoms begin en was ook beskikbaar.
Werkloosheidskoers (U)
𝐆𝐞𝐭𝐚𝐥 𝐰𝐞𝐫𝐤𝐥𝐨𝐬𝐞 𝐦𝐞𝐧𝐬𝐞
𝐔 = × 𝟏𝟎𝟎
𝐆𝐞𝐭𝐚𝐥 𝐦𝐞𝐧𝐬𝐞 𝐢𝐧 𝐚𝐫𝐛𝐞𝐢𝐝𝐬𝐦𝐚𝐠
gebruik onderskeidelik breë/eng arbeidsmag/werklose mense vir breë/eng werkloosheids koers
Indiensnamekoers (E)
𝐀𝐚𝐧𝐭𝐚𝐥 𝐰𝐞𝐫𝐤𝐞𝐧𝐝𝐞 𝐦𝐞𝐧𝐬𝐞
𝐄 = × 𝟏𝟎𝟎
𝐀𝐚𝐧𝐭𝐚𝐥 𝐦𝐞𝐧𝐬𝐞 𝐢𝐧 𝐰𝐞𝐫𝐤𝐞𝐧𝐝𝐞 𝐨𝐮𝐝𝐞𝐫𝐝𝐨𝐦 𝐛𝐞𝐯𝐨𝐥𝐤𝐢𝐧𝐠
Dui aan die proporsie van die potensiële arbeidsmag wat in diens geneem word.
Arbeidsmagdeelnamekoers (LFPR)
𝐀𝐚𝐧𝐭𝐚𝐥 𝐦𝐞𝐧𝐬𝐞 𝐢𝐧 𝐚𝐫𝐛𝐞𝐢𝐝𝐬𝐦𝐚𝐠
𝐋𝐅𝐏𝐑 = × 𝟏𝟎𝟎
𝐀𝐚𝐧𝐭𝐚𝐥 𝐦𝐞𝐧𝐬𝐞 𝐢𝐧 𝐰𝐞𝐫𝐤𝐞𝐧𝐝𝐞 𝐨𝐮𝐝𝐞𝐫𝐝𝐨𝐦 𝐛𝐞𝐯𝐨𝐥𝐤𝐢𝐧𝐠
Dui die proporsie van die potensiële arbeidsmag aan wat wil en kan werk.
,Voorbeeldvraag:
Die volgende inligting word gegee oor die bevolking van die land Wilchester. Die land gebruik dieselfde
arbeidsmag- en werkloosheidsdefinisies as Suid-Afrika. Die werkloosheidskoers, gemeet volgens die
eng definisie van werkloosheid, is gelyk aan:
Aantal mense
Bevolking 2 600 000
Werkendeouderdombevolking 1 773 000
Getal mense van die werkende ouderdombevolking wat nie kan/ wil werk nie 103000
Ontmoedigde werksoekers 340 000
Werkende mense 902 000
Antwoord:
Getal werklose mense
U = × 100
Getal mense in arbeidsmag
Eng arbeidsmag = Werkendeouderdom - mense wat nie wil/kan werk - ontmoedigde werkers
= 1 773 000 - 103 000 - 340 000
= 1 330 000
Werkloses = Eng arbeidsmag - werkende mense
= 1 330 000 - 902 000
= 428 000
428 000
U = × 100 = 32.18%
1 330 000
Redes vir werkloosheid
● Afgedankte werker
○ Afgedank, maar wil steeds werk.
● Werkverlater
○ Verlaat werk, maar wil steeds werk. Soek na ‘n beter geleentheid.
● Her-toetreder
○ Persoon wat voorheen indiensgeneem was, wat vir ‘n tyd lank nie gewerk het nie en dan
weer die arbeidsmag betree en werk soek.
● Nuwe toetreder
○ Persoon wat voorheen nie ekonomies aktief was nie, maar nou wil werk.
NB in SA: werkloosheid onder die jeug, asook toename in deelname onder vroue.
Tipes werkloosheid
● Wrywingswerkloosheid (UF)
○ Werkloosheid a.g.v. verandering in vraagtoestande in ‘n spesifieke mark(te) wat veroorsaak
dat werkers met oordraagbare vaardighede beweeg van een werk na ‘n ander.
○ “tussen werke”, tydelik werkloos
, ● Strukturele Werkloosheid (US)
○ Werkloosheid a.g.v. struktuurveranderings in ekonomie.
○ Individue moet nuwe vaardighede aanleer om nuwe werk te kry.
● Natuurlike Werkloosheid (UN)
● UN = UF + US
● Volle indiensname:
○ U = UN > 0%!
● Sikliese Werkloosheid (UC)
○ Fluktuasies in sakesiklus.
○ Stel werkers aan in opswaaifase, dank werkers af in afswaaifase.
○ Natuurlike koers dui langtermyn tendens aan, siklies is afwyking van die langtermyn
tendens.
○ U = UN + UC
○ UC = U – UN
● Seisoenale Werkloosheid
○ Bv. buite die oestydperk sal sommige plaaswerkers tydelik werkloos
wees.
Hoofstuk 7: BBP
BBP: drie maniere om dit te bereken
Produksiebenadering: Die som van waarde toegevoeg deur elke stap van die produksieproses van ‘n finale
produk of diens.
Inkomebenadering: Som van al die inkomstes verdien tydens produksieproses. Dit sluit in lone, winste,
salarisse, huur en rente (inkomste van produksiefaktore)
Bestedingsbenadering: Totale bedrag wat kopers bestee het aan finale goedere en dienste
BBP per kapita:
𝐁𝐁𝐏
𝐁𝐁𝐏 𝐩𝐞𝐫 𝐤𝐚𝐩𝐢𝐭𝐚 =
𝐀𝐚𝐧𝐭𝐚𝐥 𝐦𝐞𝐧𝐬𝐞 𝐢𝐧 𝐛𝐞𝐯𝐨𝐥𝐤𝐢𝐧𝐠
Wat BBP uitlaat:
● Sekere nie-mark dienste;
● Ondergrondse aktiwiteite (dit wat nie aangeteken word nie, beide wettig en onwettig);
● Verkope van gebruikte goedere;
● Finansiële transaksies;
● Regeringsoordragbetalings;
● Vryetydsbesteding.
BBB: Bruto Binnelandse Besteding = C + I + G
C = Consumption (Verbruiking) - Huishoudelike sektor
I = Investments (Beleggings) - Besigheids sektor
G = Government Expenditure (Regeringsbestedings)
Ex = Exports (Uitvoere) - Buitelandse sektor
Im = Import (Invoere) - Buitelandse sektor
BBP = C + I + G + (EX - IM) Bl. 138-139
,Nasionale inkome (NI): Totale vergoeding (vir vier produksiefaktore) verdien deur ‘n land se burgers, maak
nie saak waar hul hulself bevind nie.
Vergoeding van werknemers (insluitende salarisse, lone en byvoordele).
+ Inkome verdien deur persone wat self-indiens is.
+ Korporatiewe winste (bestaande uit maatskappybelasting, dividende en teruggehoue winste).
+ Huurinkomste verdien deur die eienaars van vaste bates (grond, huise en kantore).
+ Netto rente ontvang.
Drie stelle pryse word gebruik in nasionale rekeninge:
1. Faktorkoste (bedrag ontvang deur produksiefaktore);
2. Basiese pryse (bedrag ontvang deur produsente);
3. Markpryse (bedrag deur verbruikers betaal).
---
C+I+G = BBB
+ (EX – IM) = BBP
+ alle primêre (faktor) inkome ontvang van die res van die wêreld
– alle primêre (faktor) inkome betaal aan die res van die wêreld = BNP
– Waardevermindering = NNP
– Indirekte belastings
+ Subsidies = NNI
+ Oordragbetalings aan HH
– Inkome nie uitbetaal aan HH = PI
– Persoonlike belasting = PBI
= C+S
---
Hoe om Reële BBP te bereken
Om die reële BBP te bereken moet inflasie in ag geneem word. Gebruik die VPI.
Voorbeeldvraag:
Veronderstel daar is vyf goedere in 'n ekonomie, A-E. Die hoeveelhede wat in die huidige jaar van elkeen
geproduseer is, is 10A, 20B, 30C, 40D en 50E. Die huidige jaar pryse is R1 per eenheid van A, R2 per
eenheid van B, R3 per eenheid van C, R4 per eenheid van D en R5 per eenheid van E. Basisjaarpryse is R1
per eenheid vir elke produk. Bereken die reële BBP in die huidige jaar.
Antwoord:
Die sleutelterm wat gebruik word is reële BBP. Reël beteken inflasie moet in ag geneem word. Dus moet jy
die oorspronlike pryse gebruik om BBP te bereken, omdat jy wil kan bepaal of daar meer finale goedere is.
Dus:
BBP = 10(1) + 20(1) + 30(1) + 40(1) + 50(1) = 150
,Hoofstuk 8: TOTALE VRAAG EN TOTALE AANBOD
3 Komponente
● Totale vraag (AD)
● KT totale aanbod (SRAS)
● LT totale aanbod (LRAS)
Totale vraag (AD)
Totale hoeveelheid van reële BBP gevra teen gegewe prysvlak
Waarom is daar dan 'n inverse verwantskap tussen P en Q?
1. Die reële geldbalanseffek
2. Rentekoerseffek
3. Internasionale handelseffek
(Beweging langs)
Reële geldbalanseffek Rentekoerseffek Internasionale
handelseffek
Prysvlak daal > Prysvlak daal > Prysvlakke in SA val
koopkrag neem toe > koopkrag neem toe > relatief tot buitelandse
koop meer goedere minder geld nodig om vaste vlakke > SA goedere
bondel goedere te koop > relatief goedkoper as
spaar meer > krediet buitelandse produkte >
aanbod styg > rentekoerse buitelanders asook Suid-
val > besighede en hh leen Afrikaners koop meer
meer teen laer koerse > SA goedere
koop meer goedere
Prysvlak styg > Prysvlak styg > Prysvlakke in SA styg
koopkrag neem af > koopkrag neem af > relatief tot buitelandse
koop minder goedere leen geld om vaste bondel vlakke > SA goedere
goedere te koop > relatief duurder as
vraag na krediet styg > buitelandse produkte >
rentekoerse styg > besighede buitelanders asook Suid-
en hh leen minder teen hoër Afrikaners koop minder
koerse > koop minder SA goedere
goedere
, Voorbeeldvraag:
Indien die prysvlak konstant is, maar verbruik neem toe, sal die reële balanseffek:
a) veroorsaak dat die AD-kurwe na regs skuif
b) veroorsaak dat die AD-kurwe na links skuif
c) geen effek op die posisie van die AD-kurwe hê nie
d) een of ander effek op die AD-kurwe hê, maar ons kan dit nie voorspel nie
Antwoord:
c)
Die reële balanseffek is slegs van toepassing indien geld se koopkrag vermeerder of verminder (d.w.s.
daar is ‘n verandering in die prysvlak). Daar word egter gesê die prysvlak bly konstant.
Bestedingskomponente en veranderinge in AD
Veranderinge in C, I, G, EX en IM lei direk tot veranderinge in AD
(Verskuiwing van)
Totale Aanbod (AS)
Die hoeveelheid aangebied van alle goedere en dienste teen verskeie prysvlakke
SRAS-kurwe het 'n positiewe helling agv:
● Stram (onbuigsame) lone
● Werkers se wanopvattings
Groter hoeveelheid reële BBP aangebied teen hoër prysvlak
Wanneer verskuif die SRAS-kurwe?