100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Onderwêreld, ISBN: 9780624046691 Afrikaans R183,00
Add to cart

Summary

Summary Onderwêreld, ISBN: 9780624046691 Afrikaans

 69 views  0 purchase
  • Institution
  • 12

Duidelike verklaring van Onderwêreld Roman vir graad 12 leerders wat duidelik wys hoe om die werk tot die beste van jou vermoë te kan doen

Preview 3 out of 16  pages

  • Yes
  • October 16, 2021
  • 16
  • 2021/2022
  • Summary
book image

Book Title:

Author(s):

  • Edition:
  • ISBN:
  • Edition:
All documents for this subject (17)
avatar-seller
viankeherbst
Onderwereld
Opsommings
Fanie Viljoen




Hierde is die intellektuele eiendom van opsommings.com die Kopiereg voorbehou 2020-2024 ©

,Detail opsomming van elke hoofstuk
Proloog
‘n Elfjarige seun word wakker van ‘n vreemde geluid en stap vreesbevange in die gang af na sy pa se
studeerkamer waar ‘n lig brand. Hy maak die deur oop en sien sy pa by sy lessenaar met ‘n pistool in sy
hand vasgeklem. Sy pa kyk op toe hy roep en sy gesig is natgehuil. Hy verslap sy greep om die pistool, vra
sy seun om dit ‘n geheim te hou en belowe dat alles oukei is en hy nie sy lewe sal neem nie en hy moet
gaan slaap. Jare later sou die seun vir homself ‘n ander naam kies, Ekk-0.


Hoofstuk 1 – sluimerende grys selle, polyfilla en ringtones
(hede)
Greg se mooi blonde meisie, Nicole bel hom wakker. Hy slaap altyd totdat Eckardt (Ekk-0) hom wakker
maak na sy oggend drafsessie. Sy vra oor Eckardt en hy raak ongemaklik agv iets wat by Jeffreysbaai
gebeur het tussen hulle, maar hy ignoreer dit en maak reg vir skool. Hy is laat want Eckardt het hom nie
wakker gemaak nie. Hy stap na Eckardt se koshuiskamer en sien sy bed is opgemaak, sy venster is oop en
sy skootrekenaar staan op sy lessenaar. Greg bel sy selfoon, maar dit lui in sy kas.


Hoofstuk 2 – die dag voor die laaste skooljaar begin (verlede)
Greg ry by Lawson Kollege in die Drakensberge se hekke in die dag voor matriek begin. Hy dink aan sy pa
se verwagtinge en die konstante druk wat hy op hom plaas oor sy planne vir die jaar en as hoofseun. Sy pa
besit Turret Media. TJ, een van sy vriende in matriek se oupa het die duur seunsskool gestig. Oppad koshuis
toe lig Kwanele, die onderhoofseun hom neerhalend in van ‘n VRL vergadering. Mark Gibbons (Plank)
gesels oor rugby. Pete Anderson (adjunkhoof) praat oor sy atletiek item, 100m. In sy matriek koshuiskamer
op die boonste vloer help sy ma hom uitpak en lyk hartseer. Sy vra hom of hy ooit soos John sal maak en hy
stel haar gerus dat hy nie sal nie. Die matriek-vloer het ‘n formele sitkamer en ‘n informele sitkamer (die
Hang-out) met ‘n groot TV, DVD speler, bibliotekie, rekenaars vir skooltake en gemaklike banke waar die
matrieks hul vrye tyd spandeer. Hy sien ‘n nuweling met ‘n houding en onnetjiese voorkoms en besluit hy
sal hom moet uitsorteer nes die graad agts. Dit is Eckardt.


Hoofstuk 3 - boeke en boggom (hede)
Greg is bekommerd oor Eckardt en sien sy hardloopskoene is weg. Eckart is teen pouse steeds nie terug
nie. Eckardt lees baie boeke en weet van rekenaars en wetenskap wat min ander ouens weet. Greg dink hy
is ‘n cool ou en sien iets van sy oorlede broer, John in hom. Die wiskunde onderwyser, Boggom sien Eckardt
is weg en gaan vra daaroor. Plank dink Eckardt se ouers het hom deur die aand kom haal agv ‘n familie
krisis. Boggom rapporteer dat Mnr. Anderson kennis neem en dit sal ondersoek. Greg bekommer hom oor
Eckardt se selfoon wat agtergebly het.


Hoofstuk 4 – die tonnel (verlede)
Plank maak Greg wakker vir die eerste skooldag en Greg vertel dat hy Kwanele die Graad agts laat wakker
maak het, dus kan hy laat slaap. Hy sien vir Eckardt wat natgesweet verbystap in die gang. By die
skoolbyeenkoms kondig Dok Pienaar, die hoof, aan dat hy na hierdie jaar sal aftree as hoof om te fokus op
sy private sakebesigheid. Die onderwysers preek oor die erns van die matriekjaar en eksamen. Die
graadagts, Trappers word ontgroen op die aand van hul eerste skooldag. Hul moet die Tonnel, ‘n netwerk
afvoerpype onder die skoolterrein geblinddoek navigeer en aan die ander kant uitkom. Hul word wakker
gemaak en wanneer hul nog nie die skoollied goed genoeg kan sing nie word hul straf uitgedeel; die tonnel.
Aan die buiterand van die woud word hul geblinddoek in ‘n mangat afgestuur en moet hul pad terugvind
skool toe om hulself te bewys as ware lede van die skool. Greg sê dat Eckardt ook ‘n Trapper is en daarom
deur die tonnel moet gaan, maar hy weier en hulle gryp hom vas en forseer hom in die mangat in. Skielik
laat ‘n uitdrukking in sy oë Greg dink aan sy broer John en hy beveel die seuns om hom te laat gaan,
ongeag wat hulle van hom dink.




Hierde is die intellektuele eiendom van opsommings.com die Kopiereg voorbehou 2020-2024 ©

, Hoofstuk 5 – die soektog en gerugte van selfmoord (hede)
Die Vrydagoggend, ‘n dag na Eckardt se verdwyning, is daar iets op TV van voëlgriep wat lewens eis en in
Hongkong begin het en toe stadig Wes versprei het. Eckardt is steeds vermis en Andersen en ‘n paar ander
onderwysers ondersoek sy kamer. Hul roep die koshuisseuns bymekaar en sê dat hul in groepe moet
verdeel en die terrein deursoek vir enige tekens van Eckardt. Hul mag ook nie met die ander leerders of hul
ouers oor sy verdwyning praat nie om die skool se reputasie te beskerm. Daar is later stories van ‘n
selfmoordbrief wat gevind is. Greg kry ‘n terugflits uit die verlede. Sy ouer broer, John, was gewild, veral
onder meisies, aantreklik en goed in alles wat hy aanpak vanaf sport na akademie en was mal oor ekstreme
sport, waarna hy soms vir Greg saamgevat het. Hy het selfmoord gepleeg deur ‘n oordosis pille te neem. Sy
pa het hom verbied om te huil oor sy broer en was verbitterd. Greg meen dat geskiedenis homself herhaal.
Hulle vind Eckardt nerens nie en oor die foon vra Greg se ma daardie aand of daar iets fout is.
Hoofstuk 6 – lux hominum vita (verlede)
Kwanele lig ‘n mangat tussen die koshuise se deksel op en die eerste Trapper verskyn. Greg gee hom die
geheime Lawson-handdruk en haal ‘n flitsliggie uit die verbaasde seun se sak uit. Hy sê die skool se
slagspreuk, lux hominum vita, wat beteken; “Lig is die lewe vir die mensdom” en verduidelik dat hulle altyd
daar sal wees om mekaar te help. Die seuns wat by die koshuisvensters staan en kyk sing die skoollied.
Eckardt bied aan om Greg te help soek vir die ses Trappers wat nog onder in die tonnel is en dit nie deur die
inisiasie gemaak het nie. Hul sal gebrandmerk wees en binnekort die skool verlaat, wat vir hul hel sal word.
‘n Paar dae later kom Eckardt na Greg se kamer en hul gesels oor hul pa’s se hoë verwagtinge, dan
waarsku Eckardt hom oor die webtuiste waarop hy besig is om sy persoonlike inligting in te vul. Greg vind uit
Eckardt weet baie van die internet en rekenaars af en hul gaan na sy kamer, waar hulle elk ‘n bier drink.
Greg besluit om dit nie te rapporteer nie. Eckardt vra of Greg al ooit ‘n rekenaar probeer hack het.


Hoofstuk 7 – die pion gooi sy toys uit die cot (hede)
Tydens sy diens by die eetsaal hoor Greg ‘n graadagt ‘n storie versprei oor Eckardt wat homself gehang het
en hy vat die outjie woedend vas. Greg is min gepla oor die nuwe terreinbestuurder wat hom groet en skrik
toe hy besef dat dit is hoe sy pa sou optree teenoor 'n laer klas werker as homself. Hy wonder oor wat
Eckardt gesê het oor hoe hulle almal nes clones van hul pa’s is. Dit maak hom kwaad dat die skool
voortgaan met die beplande rugby wedstryde ten spyte van Eckardt se verdwyning om hul reputasie te
behou. TJ sê hulle is almal net pionne wat geoffer en rondgeskuif kan word vir iemand anders se wins. Dok
Pienaar roep die matreks bymekaar. Hy vlei die seuns en motiveer hulle om met hul hart en siel te speel op
die rugbyveld, maar vra dat hul steeds stilbly oor die verdwyning. Greg vervies hom en sê: “Ek dink dis
pateties!” Hy sê Eckardt sal nie sommer net wegloop nie en bevraagteken die skool se poging om ondersoek
in te stel. Hy weier om rugby te speel as die skool nie drasties aksie neem nie. Dok Pienaar sê hy is
vervangbaar en laat Greg koshuis toe gaan. By die koshuis stuur Greg ‘n anonieme epos aan ‘n kontak in sy
pa se mediamaatskappy oor Eckardt se verdwyning deur ‘n fiktiewe email-adres op te stel soos Eckardt hom
geleer het.


Hoofstuk 8 – onderwêreld (verlede)
Eckardt laat hacking soos ‘n nuwe ekstreme sport klink en Greg is dadelik geintereseerd in die onderwêreld.
Hy sien hoe Eckardt ‘n reisagent se webtuiste hack om so in ander besighede se webtuistes in te kom.
Eckardt vertel hom van ‘n negentienjarige hacker, Zyklon, wat dieslefde metode gebruik het om in die Wit
huis in Amerika se webtuiste in te hack deur gebruik te maak van ‘n telefoonboek op hul site. So kon hy later
hulle hele stelel beheer en het toegang gehad tot al hulle inligting en passwords. Crackers is hackers wat
inligting steel en amok maak op rekenaarstelsels, terwyl hackers net nuuskierig is en hulself toets in die
onderwêreld. Hulle vind en ontbloot ook swakplekke in programme sodat maatskappye dit kan verbeter.
Hulle is white hats, terwyl die kriminele hackers black hats is. Greg is opgewonde en wil leer hoe om te hack.


Hoofstuk 9 – sleeping beauty kry dinge aan die roer (hede)
Greg sien ‘n motor aanry na die skool toe na die rugbywedstryd en wonder of dit reeds ‘n reaksie is van die
media, dalk een van sy pa se koerante, na sy email. TJ en Plank vertel dat Lawson die wedstryd gewen het
en die seuns is almal in hul element en vra vir bier, maar Greg antwoord dat dit teen die reëls is. Nicole bel,
maar Greg knip die gesprek kort toe hy ‘n polisiemotor sien aankom. Toe Nicole weer bel vertel hy haar van
Eckardt se verdwyning, maar kan homself nie bring om oor selfmoord te praat nie agv John. Dok Pienaar
stuur die seuns na hul kamers toe en die offisiere vra hoe vorder die skool met die vermistepersonevorm.
Andersen en Pienaar stap ‘n ent weg en Greg luister hul gesprek af. Andersen sê dat hy iets nie verstaan

Hierde is die intellektuele eiendom van opsommings.com die Kopiereg voorbehou 2020-2024 ©

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller viankeherbst. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R183,00. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

50064 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 14 years now

Start selling
R183,00
  • (0)
Add to cart
Added