100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Madelein Rossouw - Agtergrond oor Roepman R80,00
Add to cart

Summary

Summary Madelein Rossouw - Agtergrond oor Roepman

 0 purchase

some background on the book. Roepman

Preview 2 out of 15  pages

  • Unknown
  • June 9, 2020
  • 15
  • 2018/2019
  • Summary
book image

Book Title:

Author(s):

  • Edition:
  • ISBN:
  • Edition:
All documents for this subject (42)
avatar-seller
madeleinrossouw22
AGTERGROND OOR ROEPMAN
 TIMUS, ‘N 12-JARIGE SEUN, WORD GROOT IN ‘N SPOORWEGKAMP IN DURBAN.
 HY IS EEN VAN 7 KINDERS EN IS DUS GEWOONT AAN DEEL EN TEVREDE WEES MET SLEGS DIE
NODIGE OM TE OORLEEF.
 AS TIENER ERVAAR HY GROEPSDRUK EN HET ‘N MINDERWAARDIGHEIDSGEVOEL OOR SY
AGTERSTAND T.O.V. SY FISIEKE ONTWIKKELING.
 SY OUERS, ADA EN ABRAM, IS TOEGEWYDE, VOORBEELDIGE MENSE WAT GOED VIR HULLE
KINDERS SORG.
 ADA IS ‘N ONDERDANIGE VROU EN ONDERSTEUN ABRAM IN AL SY BESLUITE – SELFS AL STEM
SY NIE NOODWENDIG DAARMEE SAAM NIE.
 ABRAM REGEER SY GESIN MET ‘N YSTERHAND, GLO ONVOORWAARDELIK IN DOKTER
VERWOERD EN IS ‘N ONWRIKBARE KERKGANGER WAT GEKANT IS TEEN ENIGE VERANDERING.
 TIMUS SE OUPA STERF EN OUMA MAKKIE KOM WOON BY HULLE – AANVANKLIK VEROORSAAK
DIT ONGERIEF, MAAR MET HAAR WARM PERSOONLIKHEID EN DIE LEWENSWAARHEDE WAARMEE
SY VORENDAG KOM, RAAK SY GOU DEEL VAN DIE GESIN.
 TIMUS SE SUSTERS KOM IN OPSTAND TEEN HULLE OUTOKRATIESE PA MET SY RIGIEDE IDEES
OOR DIE LEWE EN OUMA MAKKIE MOET KORT-KORT INGRYP EN DIE VREDE HERSTEL.
 RYKIE IS SWANGER, MARA HAAR TWEELINGSUSTER, WIL DANS OP HAAR
MONDIGWORDINGSPARTYTJIE- TEEN HAAR PA SE WIL, ERIKA IS VERLIEF OP SALMON, WAT AAN
‘N ANDER KERK AS HULLE BEHOORT, EN BELLA IS ONSETTEND LIEF VIR BOYTJIE (GLADYS SE
SWART SEUNTJIE) – WAT OOK STREMMING VEROORSAAK WANNEER HAAR PA BESLUIT DAT
GLADYS HOM MOET WEGSTUUR, SOOS DEUR DIE APARTHEIDSREGERING VERWAG WORD.
 TIMUS SE OUER BROER, BRAAM, KUIER GRAAG BY MELINDA GOUWS (OMDAT SY SO LEKKER KAN
VRY) EN VERTEL IN DIE AANDE VIR HOM STORIES IN DIE BAD.
 GLADYS IS HULLE SWART HUISHULP WAT IN ‘N KAIA AGTER OP HUL WERF WOON EN WAT DEUR
HAAR VRIENDELIKE GEAARDHEID OOR RASSEGRENSE HEEN NOUE VERHOUDINGE OPBOU MET
DIE VROUE VAN DIE RADEMAN-FAMILIE.
 DEUR HAAR WORD DIE WREEDHEID VAN DIE EERTYDSE APARTHEIDSWETTE DUIDELIK
GEïLLUSTREER EN DIE LESER ERVAAR DEURENTYD EMPATIE MET HAAR.
 TIMUS SE BESTE VRIEND IS JOEPIE, SAAM MET WIE HY ALLERHANDE KATTEKWAAD AANVANG,
EN HY SPANDEER OOK BY DIE SKOOL TYD SAAM MET KENNETH, DIE RYKMANSEUN WAT NIE IN
DIE SPOORWEGKAMP WOON NIE.
 HEIN EN SY VRIENDE VERVUL DIE ROL VAN BOELIES WAT TIMUS GEREELD UITJOU EN SPOT
OMDAT HY SO NAïEF EN ONSKULDIG IS.
 HULLE DRA BAIE BY TOT SY LAE SELFBEELD.
 RUBEN IS ‘N WEESKIND, VEEL OUER AS TIMUS, WAT DEUR SY OUERS AANGEMOEDIG WORD OM
‘N VRIENDSKAP MET TIMUS TE SLUIT.
 ONGELUKKIG IS VOORKOMS SOMS MISLEIDEND EN RUBEN LEI HOM OP ‘N PAD VAN
ONSEDELIKHEID EN DIE UITEINDELIKE VERLIES VAN ONSKULD EN KINDWEES.
 JOON (STERREKYKER) IS DIE ROEPMAN IN DIE VERHAAL, MAAR VERVUL OOK DIE FUNKSIE VAN
DIE BESKERMENGEL WAT TELKENS “GEROEP” WORD WANNEER DAAR ‘N KRISIS OPDUIK.
 SY MA, ANT ROSIE, TEL HEELDAG KLIPPE OP EN GOOI DIT IN ‘N SAK OOR HAAR SKOUER EN IS
OëNSKYNLIK STOM AANGESIEN NIEMAND HAA RNOG OOIT HOOR PRAAT HET NIE.
 ANDER KARAKTERS SOOS ZANE, HELEN, DIE GOUWSE, DIE PROPONENT EN DIE DOMINEE SORG
VIR ‘N KLEURVOLLE WêRELD WAARIN DIE LESER HOMSELF KAN VERLOOR.



HOOFKARAKTER TIMUS:
 Die hoofkarakter is ’n twaalfjarige seun, Timus, wat sukkel om tussen verbeelding en werklikheid te
onderskei.
 Hy is dus die protagonis in die verhaal, en aangesien die leser die storie vanuit sy gesigspunt beleef,
tree hy ook as fokalisator op.

,  Hy vergelyk himself gedurig met ouer seuns en spreek gedurig die wens uit om groter, manliker en
ouer te wees.
 Dit skemer sterk deur dat hy ontevrede is met sy fisieke voorkoms, want hy sê op bl. 7 dat dit erg
genoeg is as jy met jouself ontevrede is wanneer jy in die spieël kyk en dat sy maats hom “myle voor”
is.
 Hy voel dat die Here hom “uitgekies” het om agter te bly. Hy noem voorbeelde van fisieke
ontwikkeling by seuns, soos gebreekte stemme, baarde, hare in kieliebakke, ensovoorts, en dan maak
hy die uitlating dat hy nie daaroor wil praat nie.
 Gewoonlik vermy mense situasies en dinge wat hulle pla of seermaak en praat ook nie graag oor sulke
dinge nie.
 Die leser kan dus hieruit aflei dat Timus jonk vir sy ouderdom lyk en nog geen van bogenoemde
“mylpale” in sy fisieke ontwikkeling bereik het nie.
 Hieruit kan ’n swak selfbeeld en gebrek aan selfvertroue spruit.
 Sy ma se woorde op bl. 8, nl. “Timus, jy sal my nog grys hare gee met jou wildgeit”, stel nog ’n
eienskap van Timus aan die leser voor: Sy ouers tref hom aan met ’n gebreekte arm in gips toe hulle
van die plaas af terugkom en dit impliseer dat hy ’n woelige seun is wat soms onverantwoordelik
optree en nie aan die gevolge van sy dade dink nie.
 Timus raak soms verlore in sy eie gedagtes en moet dan weer na die werklikheid teruggebring word
soos die leser kan aflei uit sy pa se woorde op bl. 7 waar hy vir hom sê dat die lewe nie ’n storie is nie,
en weer op bl. 19 ná Timus se aandrang daarop dat ’n Bantoe sy arm gebreek het en sy pa weer kla dat
dit die hoeveelste keer is dat hy vir Timus moet sê dat die lewe nie ’n storie is nie.
 Ook die twee daaropvolgende vrae, nl. “Timus, hoor jy my?” en “Wat het ek gesê?” wys daarop. Ook
die woorde op bl. 8, “Timus, waar is jou gedagtes nou weer?” en op bl. 14, “Jy is klaar agter genoeg
met jou dromery”, bevestig hierdie stelling.
 Dat Timus onwrikbaar glo in sy verbeeldingswêreld sien ons in sy woorde op bl. 19 toe hy dink:
“maar ek het nie gejok nie: dit wás ’n Bantoe wat my arm gebreek het”.
 Dat hy ’n tipiese ondeunde tienerseun is wat daarvan hou om ander ’n streep te trek, sien ons in die
insident waar hy Gladys met die tuinslang natspuit.
 Hy dink ook by homself dat niemand nog ooit so mooi soos Gladys geskrik het nie – en dat hy dit
graag weer sou wou sien.
 Saam met die jeugdige ouderdom van twaalf kom ook die wreedheid en onsensitiwiteit waarmee ander
persone soms behandel word.
 As voorbeeld dien sy bekentenis dat sy ma met hom raas as hy ook soos party ander mense spot met
ant Rosie, wat stom is en klippe in die straat optel en in ’n sak gooi.
 Sy gunstelingkuierplek is op sy ouma Makkie se plaas naby Ladismith in die Klein-Karoo.
 Ook blyk dit dat hy baie lief is vir treinry en dat hy goed ingelig is aangaande treine en lokomotiewe.
(Sien bl. 13.)
 Die feit dat hy nie soos die ander kinders een van ’n tweeling was nie, was volgens hom ook nie sy
skuld nie.
 Dit was asof hy gedink het dat hy kwalik geneem word daarvoor. Hy was dus in hierdie opsig ook
“anders” as die ander kinders.
 Vir sy ma was dit egter ’n seën, want sy was toe nie so moeg en besig soos wat sy met twee sou wees
nie.
 Timus verwys na die episode in die bos toe hy die “kerk-Bantoes” afgeloer het en beskryf hoe bang,
eensaam en verdwaal hy gevoel het.
 Die geluid van ’n lokomotief laat hom egter aan Joon dink, en hy erken dat wanneer hy bang is en hy
aan Joon dink, sy bangheid altyd verdwyn.
 Die leser kan hieruit aflei dat hy opsien na Joon en hom vertrou.
 In die roman ontwikkel ’n hegte band tussen hom en sy ouma Makkie nadat sy hom van ’n gewisse
pak slae red toe sy pa hom nie wou glo nie.

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through EFT, credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying this summary from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller madeleinrossouw22. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy this summary for R80,00. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

65507 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy summaries for 15 years now

Start selling
R80,00
  • (0)
Add to cart
Added